Leesplan inligting

Tel jou woorde, want woorde telVoorbeeld

Tel jou woorde, want woorde tel

DAG 5 VAN 5

Tel jou woorde

Die probleem: Wat jy gesê het, het jy gesê.

Die oplossing: Dink twee keer voordat jy praat. Herinner jouself hieraan: Die mond waarmee jy God loof, is dieselfde mond waarmee jy met ander praat.

Om jou woorde te tel, is nie 'n pleidooi om so min as moontlik te sê nie. En dit is beslis nie die bedoeling dat jy eerder sal stilbly nie. Ons struikel soms oor ons woorde. Daarom is dit raadsaam om 'n wag voor jou mond te stel. Hierdie wag neem stelling in deur vrae te vra soos: Is dit wat jy van voorneme is om te sê die waarheid? Is dit eerbaar en inspirerend? Is dit nodig om dit te sê? Miskien het jy ook al, nadat jy iets vir iemand gesê het, by jouself geredeneer: "Ek moes dit liewer nie gesê het nie." Daarom is dit belangrik dat jy jou woorde tel, want woorde tel.

Soos Moses van ouds het jy ook nodig dat die Here jou sal help wanneer jy praat (Eksodus 4:12) en dat Hy sy woorde in jou mond sal lê soos Hy vir Jeremia gesê het (Jeremia 1:9). Dit bly steeds die waarheid dat 'n sagte woord grimmigheid afkeer (Spreuke 15:1).

Uit jou mond moet seën kom. Dit sal soos verfrissende water wees in die droë landskap van onnodige kritiek en ondeurdagte aanmerkings. Wanneer jy jou woorde tel, is jy doelbewus besig om jou lewe — en ook die lewens van ander — met hoop vir die toekoms te vul.

Plan van aksie: Dit is beter om twee keer te dink voordat jy praat as om te probeer om dinge reg te stel omdat jy onoordeelkundig en roekeloos gepraat het. Wanneer jy jou woorde tel, sal jy mense met hoop inspireer en opbouende kritiek lewer waarby hulle baat kan vind.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tel jou woorde, want woorde tel

Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid