Leesplan inligting

Tel jou woorde, want woorde telVoorbeeld

Tel jou woorde, want woorde tel

DAG 2 VAN 5

Woorde van aanmoediging

Die probleem: Jaloesie of 'n minderwaardige gevoel van bedreigdheid

Die antwoord: Wens mense geluk met hulle prestasies en moedig hulle aan om steeds te ontwikkel.

Hoe voel mense oor hulleself wanneer hulle in jou teenwoordigheid kom? Is dit vir jou lekker om die vooruitgang van ander mense te vier? Iemand het eenmaal die opmerking gemaak: "Mense mag dalk vergeet wat jy vir hulle gedoen het, maar hulle sal nie sommer vergeet hoe jy hulle oor hulself laat voel het nie." Dit is altyd lekker om in die teenwoordigheid en geselskap van iemand te wees wat die beste in jou raaksien en jou aanmoedig om die beste "jy" te wees wat jy kan wees.

Wanneer jy woorde van aanmoediging spreek, is jy besig om die beste in ander raak te sien. Deur aanmoediging word 'n veilige ruimte geskep waarin mense die vreugde van oorwinning en deurbrake ten volle kan geniet — sonder om te voel dat julle mekaar se opponente is.

Wanneer jy ander aanmoedig om uit te munt in dit wat reg en goed is en om hulle potensiaal te ontwikkel en uit te leef, is jy besig om hulle innerlik te versterk. Deur jou aanmoediging skep jy dus in hulle binnemens moed en hoop vir hulleself. Jou entoesiasme oor ander se potensiaal en vordering verruim ook jou hart vir hulle. Dit sal julle verhouding versterk. Dit is immers lekker om saam met mense te verkeer wat jou teenwoordigheid geniet en waardeer en jou nie bloot net verdra nie.

Plan van aksie: Spreek woorde van aanmoediging deur opregte komplimente te gee. Moenie net stilweg van mense se vordering of deurbrake kennis neem nie, maar lê jou daarop toe om hulle geluk te wens en aan te moedig om te volhard in dit wat reg en goed is.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tel jou woorde, want woorde tel

Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid