Leesplan inligting

Tel jou woorde, want woorde telVoorbeeld

Tel jou woorde, want woorde tel

DAG 1 VAN 5

Woorde van waardering

Die probleem: Ons is te geneig om mense as vanselfsprekend te aanvaar.

Die antwoord: Spreek waardering teenoor mense uit.

Om te hoor dat jy waardeer word, is een van die algemene basiese behoeftes van menswees. Jy weet wat dit vir jou beteken wanneer mense vir jou sê dat hulle jou waardeer. Dit gee jou 'n salige gevoel van genoegdoening. Dit laat jou besef dat jy raakgesien word. Jy is egter nie die enigste een wat hierdie behoefte het nie. Die mense rondom jou het ook hierdie behoefte. Wanneer ons waardeer word, kom ons op gelyke voet in mekaar se geselskap.

Wanneer jy waardering teenoor ander uitspreek, dui dit daarop dat jy intensioneel tot stilstand gekom het om weereens van die mense in jou lewe bewus te raak. Om waardering uit te spreek, is om vir mense te sê dat jy hulle raaksien en dat hulle betrokkenheid in jou lewe waarde tot jou lewe byvoeg. Deur waardering uit te spreek, is jy daadwerklik besig om ander raak te leef. Wanneer jy teenoor iemand waardering uitspreek, is jy besig om bedagsaamheid teenoor hulle te beoefen.

En onthou: Dit gaan oor verbale kommunikasie. Jy moet jou waardering uitspreek. Sê iets. Wanneer jy waardering teenoor mense uitspreek, is jy besig om hulle waarde (die gevoel van eiewaarde) te versterk. Dit sal vir jou ongetwyfeld merkwaardig wees om te sien hoe jy in jou lewe vir ander ruimte skep deurdat jy waardering teenoor hulle uitspreek.

Plan van aksie: Moenie mense as vanselfsprekend aanvaar en in die proses hierdie mense miskyk nie. Sê iets ... spreek jou waardering uit. Moet dit nie uitstel nie. Doen dit sommer dadelik.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tel jou woorde, want woorde tel

Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid