Leesplan inligting

Tel jou woorde, want woorde telVoorbeeld

Tel jou woorde, want woorde tel

DAG 3 VAN 5

Woorde van genade

Die probleem: Jy dink jy is beter as ander en jy het altyd die regte antwoord.

Die antwoord: Leer om te luister en om vir ander mense plek te maak in jou hart.

Luister jy om te konnekteer? Of luister jy om te korrigeer? Verhoudings ly dikwels skade wanneer mense nie na mekaar luister en vir mekaar plek maak in hulle harte nie. Wanneer 'n veroordelende wysvinger rondgeswaai word, bestaan die gevaar dat dit vir mense kan voel asof die genadige hand van God onttrek het.

Jy moet jou hart onvoorwaardelik vir mense oopmaak (2 Korintiërs 7:2). God sal die goeie werk wat Hy in mense se harte, en ook in joune, begin het, kom voltooi (Filippense 1:6). Wees bewus daarvan dat jy gemeet sal word met dieselfde maat waarmee jy meet (Matteus 7:2). Om genade te betoon en om met ‘n genadige oor te luister, beteken nie dat jy nie volgens ‘n bepaalde standaard of beginsels leef nie. Dit beteken dat jy die betekenis van barmhartigheid begryp (Matteus 9:13).

Wanneer jy genadige woorde spreek, praat jy op dieselfde manier as Jesus toe Hy met die vrou by die fontein van Jakob (Johannes 4:1-45) en met die vrou wat in egbreuk betrap is (Johannes 8:1-11), gesels het en toe Hy vir Saggeus gesê het dat Hy in sy huis gaan oorbly (Lukas 19:1-10). Luister, Jesus het juis gekom om diegene te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10).

Jy hoef nie verskonings vir die waarheid te soek nie, maar miskien moet jy om vergifnis vir jou ongenaakbare houding vra. Jy moet die vaardigheid aanleer om die waarheid in liefde te praat (Efesiërs 4:15) terwyl jy wat meen dat jy staan, moet oppas dat jy nie val nie (1 Korintiërs 10:12).

Plan van aksie: Ons moet besef dat ons nie mense tegelykertyd kan verag én bereik nie. Daarom moet ons woorde met genade deurweek wees. Hou in gedagte dat Jesus Christus die vriend van sondaars genoem word (Lukas 7:34).

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tel jou woorde, want woorde tel

Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid