Leesplan inligting

UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As ManVoorbeeld

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

DAG 5 VAN 5


Wie Jy Werklik Is


Ons het baie vals maskers en identiteite ontdek wat ons gebruik om ons ware self weg te steek. Jesus Christus, die Seun van God, is as mens gebore, het die aarde bewandel en het 'n perfekte lewe gelei. Alhoewel Hy niks verkeerds gedoen het nie, is hy gekruisig en het Hy die sonde van die hele wêreld op Homself geneem. Hy het die sonde aan die kruis vasgespyker. Op grond van hierdie offer, het ons 'n nuwe identiteit. Hier volg 'n lys van wat God sê van "Wie Jy Werklik Is" as volgeling van Jesus Christus.


Ek is sonder smet en onberispelik voor Hom. (Kolossense 1:22)


Christus self is in my. (Kolossense 1:27)


Ek is in Hom gewortel en op Hom gebou. (Kolossense 2:7)

Ek deel in sy volheid. (Kolossense 2:10)


Ek is geestelik besny. My sondige natuur is weggeneem. (Kolossense 2:11)


Ek het saam met Christus gesterf, is saam met Hom opgewek en saam met Christus lewend gemaak. (Kolossense 2:12-13)


Ek het saam met Christus gesterf en is saam met Christus uit die dood opgewek. My lewe is saam met Christus verborge in God. Christus is nou my lewe. (Kolossense 3:1-4)


Ek is 'n uitdrukking van Christus se lewe, want Hy is my lewe. (Kolossense 3:4)


Ek is deur God uitverkies, heilig en geliefd. (Kolossense 3:12; 1 Tessalonisense 1:4)


Ek is 'n seun van die lig en nie van die duisternis nie. (1 Tessalonisense 5:5)


Ek is 'n gees van krag, liefde en selfbeheersing gegee. (2 Timoteus 1:7)


Ek is deur Hom gered en geroep om aan Hom toegewy te wees. (2 Timoteus 1:9; Titus 3:5)


Omdat ek heilig gemaak is, en dieselfde Vader het, is Jesus nie skaam om my sy broer te noem nie. (Hebreërs 2:11)


Ek is 'n deelgenoot van die hemelse roeping. (Hebreërs 3:1)


Ek het die reg om met vrymoedigheid na die genadetroon van God te kom, sodat ek barmhartigheid en genade in die tyd van my nood kan ontvang. (Hebreërs 4:16)


Ek is weergebore. (1 Petrus 1:23)


Ek is een van God se lewende stene, wat tot 'n geestelike huis in Christus opgebou is. (1 Petrus 2:5)


Ek is 'n lid van 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God. (1 Petrus 2:9-10)


Ek is 'n vreemdeling en bywoner in hierdie wêreld waarin ek tydelik woon. (1 Petrus 2:11)


My sondes is in die Naam van Jesus vergewe. (1 Johannes 2:12)


Ek is deur God met sy Gees gesalf. (1 Johannes 2:27)


Ek is 'n kind van God, en wanneer Jesus kom, sal ek soos Hy wees. (1 Johannes 3:1,2)


Ek is geliefd. (1 Johannes 4:10)


Ek is gelykvormig aan die beeld van Christus. (Romeine 8:29)


Ek het lewe. (1 Johannes 5:12)


Ek is uit God gebore, en die duiwel kan geen houvas op my kry nie.
(1 Johannes 5:18)


Ek is verlos. (Die Openbaring 5:9)


Ons vertrou dat jy hierdie leesplan geniet het. Kyk gerus vir meer bronne oor identiteit, manlikheid en karakter by uncommen.org.


UNCOMMEN streef daarna om van mans beter Leiers, Eggenotes, en Pa's te maak deur individue en organisasies toe te rus met inspirerende en opvoedkundige bronne. Ons visie is om mans te help slaag om dié man te word wat hulle bedoel was om te wees.


Hoekom Ons Bestaan


Statistieke bevestig dat die gewone man baie tyd bestee om die dringende na te jaag eerder as dít wat belangrik is, en leef fantasie uit eerder as om te belê in dié dinge wat werklik saak maak.


Wanneer mans egter wen, wen vrouens, kinders en die gemeenskap.


As mans wen, dan hoef ons nie soveel skuilings op te rig vir gesinne wat in die steek gelaat is nie; of te betaal vir die sielkundige en emosionele tol van vaderlose kinders nie; of te sorg vir soveel mishandelde en verwaarloosde vrouens nie.


Indien ons maatskaplike euwels uit die weg wil ruim, sal ons 'n paar ongewone benaderings moet volg. Pleks daarvan om op ouens te gil: "Jou nikswerd, kom by of kry jou ry!" en daardeur 'n hoop skande en skuldgevoelens op hul skouers te laai, het ons 'n mobiele toepassing vir mans ontwikkel. Dit verbind ouens aan mekaar en daag hulle uit om met hul vrouens, kinders, vriende, medewerkers, werknemers ... min of meer enige iemand wat iets vir hulle beteken, betrokke te raak.


Ons glo dat mans veel meer op uitdagings eerder as kritiek, reageer.


Wie Ons Is


Meer oor die Outeur: Sam Casey is die Besturende Vennoot by Banyan Creative gebaseer in Charlotte, North Carolina, asook die Redakteur van Uncommen.org


Meer oor die Ontwerper: Tj Todd is die Hoof Uitvoerende beampte /Kreatiewe Direkteur by Studio490 gebaseer in Charlotte, North Carolina, asook die Kreatiewe Direkteur en Webwerf Ontwerper vir Uncommen.org


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigo...

More

Ons wil graag UNCOMMEN bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.uncommen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid