Leesplan inligting

UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As ManVoorbeeld

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

DAG 2 VAN 5


Wie Is Jy En Wie S'n Is Jy


Ons het gister gepraat oor 'n valse identiteit en hoe dit dikwels vir ons maklik is om ons eiewaarde uit te lewer aan dinge wat ons nie help nie. Vandag wil ons praat oor waar ons vandaan kom. Ek het 'n vyfjarige seun wie se oë van nuuskierigheid blink oor die wêreld waarin hy leef. Hy peper my voortdurend met eindelose vrae oor hoe dinge werk, waarheen ons op pad is, hoeveel minute dit nog is voordat ons daar kom ... Jy kry die prentjie.


Soms vererg ek my vir dit alles en wil ek bloot 'n bietjie rus en vrede hê. Maar ek is versigtig om nie sy nuuskierigheid te versmoor nie. Die rede hiervoor is: Dit is ons nuuskierigheid oor waar ons as mans vandaan kom, wat aan ons die wegwyser gee van wie ons is, en hoekom ons is soos wat ons is. Elke dag voordat my seun skool toe gaan, vat ek hom aan beide skouers, hurk voor hom en sê vir hom: "Jy is my seun. Ek is trots op jou. Ek en jou ma is baie lief vir jou. Jy is Casey. Gaan nou en doen jou beste."
Hy glimlag altyd en wikkel homself uit my arms. Ek glo egter met my hele hart dat my seun sy identiteit, as 'n seuntjie, elke dag moet hoor. Sodoende word dit deel van hoe hy oor homself dink. Wanneer hy die preprimêre skool verlaat en die wyer wêreld betree, sal die wêreld aan hom 'n teenstrydige siening bied van wie hy is, en aan wie hy behoort.


Vir baie van ons kan dit 'n pynlike ervaring wees om ons vaders beter te leer ken — moontlik selfs vaders wat ons nooit geken het nie. Miskien was ons pa elke dag fisiek tuis, maar nie emosioneel of geestelik dáár vir ons nie. As ek soggens in die spieël kyk, of oor 'n bord ontbytgraan na my kinders kyk — miskien is ek daardie pa.


Wanneer ons gebore word, het ons aardse ouers. Selfs meer fantasties, ons begin egter ook 'n geestelike reis saam met God. God begin ons harte najaag en vertel ons wie ons is deur afhanklikheid eerste van ons moeders vir voeding, en ook van ons vaders vir voorsiening en op ander maniere soos ons grootword. Ons leer onbewustelik deur ons omgewing van wie God is.


God sê in sy Woord dat ons sy kinders is, dat ons 'n geboortereg het, erfgename is, en dat Hy ons Vader is. Kom ons besin oor wat dit vandag vir ons beteken, eerder as om te sê wat ons tipies van onsself dink.


Lees hierdie versies vandag oor en oor. Plak hulle op jou badkamerspieël, in jou motor, of teen die muur in jou kantoor. Herhaal hulle dag in en dag uit in jou gedagtes totdat jy hulle glo en van harte en uit jou kop ken. Kyk dan wat God sal doen wanneer jy jou identiteit in Christus, as kind van God, en erfgenaam tot die troon, ken.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigo...

More

Ons wil graag UNCOMMEN bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.uncommen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid