Leesplan inligting

UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As ManVoorbeeld

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

DAG 4 VAN 5


'n Gevormde Identiteit


John Eldredge, outeur van "Wild at Heart" het per geleentheid gesê: “Identiteit is nie iets wat uit die lug op ons val nie. In voor- en teenspoed, bly identiteit bloot 'n geskenk. Ons is wie ons is in verhouding tot ander”.


Dink terug aan die mense wat die grootste invloed op jou lewe gehad het. Óf positief óf negatief. Wat het hulle vir jou gesê? Wat het hulle oor jou gesê? Hoe het hulle diegene om hulle behandel? Diep binne, word die hart van elke man beïnvloed deur ander, en op sy beurt beïnvloed elkeen weer die wêreld om hom. Ons begeer om te weet dat ons 'n verskil in hierdie wêreld maak. 'n Man wat dink dat sy lewe nie veel werd is nie, lewe skaars. Ons wil weet dat ons 'n verskil maak, dat ons teenwoordigheid nie vervang kan word deur 'n motor, 'n besitting, of selfs deur 'n ander persoon nie. Die verskriklike las van 'n valse self is dat dit voortdurend gehandhaaf moet word.


Ons dink dat ons moet aanhou om dinge te doen om ander te behaag. Kyk na TV advertensies wat op mans gerig is. Doen dit om dat te kry. Gebruik hierdie skeermes sodat 'n beeldskone vrou jou sal aanhang. Ry hierdie bakkie om aanvaar te word. Sodra ons iets kry wat 'n bietjie aandag op ons vestig, moet ons daarmee aanhou — of die risiko loop om die aandag te verloor. Vir baie mans word hierdie valse identiteit in hulle werk gevind. Derhalwe werk ons hard daaraan om die valse identiteit deur 'n maatskappy of entiteit bevestig te kry, wat van ons ontslae sal raak wanneer ons nie meer "waardevol" is nie. Dit is dus nie verrassend dat depressie en verlies aan identiteit 'n groot bekommernis is wanneer 'n man sy werk verloor nie.


Ons almal leef met die vrees dat ons nie vir die span gekies sal word nie, of vir die posisie oorweeg sal word nie — of wat ook al die las is. Ons ontwikkel 'n funksionele selfbeeld, selfs al is dit 'n negatiewe een.

Die ander dag was my seun so trots om vir my te wys toe hy my nutsvoertuig met kryt versier het. Ek onthou hoe ek hom gevra het: "Wat dink jy doen jy? Jy het 'n gemors gemaak!" My seun het sy skouertjies in skaamte laat sak. Hy was na aan trane. Ek het gou my fout besef en dit probeer regstel deur vir hom te sê dat ek baie van sy kuns hou, maar dat hy dit volgende keer eerder op 'n stuk papier moet doen. Waarskynlik was die skade egter reeds gedoen — die seun vorm 'n identiteit: "My kuns is sleg. Dit wat ek doen is aaklig; ek mors goeie dinge op. Ek maak net foute". Dus maak hy 'n voorneme om bang te wees om foute te maak. Jare later, wonder sy vrou waarom hy so bang is om meer intiem te wees; sy kollegas wonder waarom hy nie die groot werksgeleentheid aanvaar het nie. Die antwoord is geleë in sy identiteit — 'n identiteit wat hy ontvang het deur die impak van die belangrikste persoon in sy wêreld, en sy vrees om homself ooit weer in so 'n posisie te bevind. As 'n jong pa is ek besig om te leer dat die woorde wat ons oor ons kinders uitspreek baie gewig dra.


Die goeie nuus is egter dat die woorde wat Christus oor ons uitspreek baie meer gewig dra, indien ons hulle toelaat om in ons harte in te sink. God het mense geskep om unieke eienskappe en voornemens te hê. Hy het ons egter ook ontwerp om deur sy wil 'n algemene gevoel van tevredenheid met ons lewens te hê. Ons ontdek ons ware identiteit hoe nader ons aan Hom beweeg.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigo...

More

Ons wil graag UNCOMMEN bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.uncommen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid