Leesplan inligting

UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As ManVoorbeeld

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

DAG 3 VAN 5


Verwyder Die Masker


Twee vrae wat ons vandag gaan bespreek:


1. Wie is ek?
2. Wie is ek geskep om te wees?


Kom ons wees eerlik: Sukkel jy om dieselfde persoon op 'n Sondagmôre te wees, as wat jy gedurende die res van die week is? Dryf dit jou teen die mure uit wanneer jy hier instap en totaal iemand anders is, as wat jy "daarbuite" is? Voel dit vir jou asof jy met 'n ander stem by die werk praat, as wanneer jy tussen jou vriende is? Vind jy dat jy een toon teenoor jou vrou gebruik, en 'n ander teenoor 'n kliënt?


'n Paar maande gelede het ons "Halloween" in ons buurt gevier. Dit is 'n feestelike tyd wanneer kinders saam met hulle ouers in die buurt rondloop in kostuums en maskers vir die uitsluitlike doel om lekkergoed in te samel.


Alhoewel baie van ons te groot geword het om van deur tot deur te loop en vir lekkergoed te vra, het ons nooit die behoefte ontgroei om voor ons vriende en selfs gesin maskers te dra nie. Jou masker mag dalk nie sigbaar of werklik wees nie, maar dit is daar. Erger nog, ons mag dalk selfs onsself probeer bedrieg. Dit bring mee dat jy geheel en al gefrustreerd en verward gelaat word deur die vraag: "Wie is jy? Ek meen ... wie is jy WERKLIK?" Ek glo dat baie mense worstel om dieselfde persoon op Sondagoggend te wees, as wat hulle gedurende die res van die week is. Die dra van hulle maskers laat hulle daarom heeltemal tevrede wees. Miskien hou jy van jou masker; selfs al is dit vals.


Daar is slegs twee redes vir die dra van 'n masker:


1. Om jou identiteit te verander. By die kerk, lyk jy soos 'n Christen. Tussen nie-Christene meng jy gemaklik in, aangesien jy 'n masker dra om "in te pas". En soos 'n verkleurmannetjie, "bedek" jy jouself veilig deur inskakeling by die betrokke omgewing.


2. Om jou identiteit weg te steek. Jy wil nie hê dat mense die "werklike jy" moet sien nie.


Daar is twee waarhede rakende die dra van maskers wat ek met jou wil deel:


1. Nie een van die maskers wat jy dra, kom naastenby ooreen met die persoon wie jy werklik is nie!


2. Nie een van die maskers wat jy dra, kom naastenby ooreen met die persoon wat God jou geskep het om te wees nie!


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigo...

More

Ons wil graag UNCOMMEN bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.uncommen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid