Leesplan inligting

Dis Tyd!Voorbeeld

Dis Tyd!

DAG 2 VAN 7

DAG 2 Luister

Psalm 46:11 NLV: “Wees stil en weet Ek is God."

Ons almal het elke dag ‘n roetine. Jy staan op, maak gereed vir werk, ry kinders skool toe, worstel deur die verkeer en dan volg die res van jou (waarskynlik) stresvolle program. Ons dae bestaan uit heen en weer hardloop en tydgleuwe waarin alles moet inpas. Orals is daar geraas. Ons word daagliks gebombardeer met vele geluide: selfone, alarms, toeters, sirenes, taxis en vele meer. Al die klanksteurnisse is legio!

Wanneer “hoor” ons stilte? Ja, jy kan dit hóór. Stilte is die heel beste kommunikasiemiddel om met God kontak te maak. Sy stem is hoorbaar in stilte. Iemand het eendag vir moeder Theresa gevra watter gebed sy graag bid en haar antwoord was: “Ek luister.” Op die vraag of sy iets hoor, het sy geantwoord: “Hy luister."

Die Heilige Gees kom sit saggies langs jou. Hy kompeteer nie met geraas nie, want Hy hoef nie. Jy sal Hom vóél.

Om ons pogings “om beter te glo” te verbeter, moet ons dissipline toepas. Word stil. Alleen eenkant. Vat jou tyd. Probeer dit. Jy mag dalk net ‘n heel ander teenwoordigheid as voorheen ervaar. Iemand het onlangs die volgende uitnodiging vir my gestuur: "Kom sit by my, want ek is ook vlot in stil wees." Net so sal die Heilige Gees by jou kom sit.

Vader, hier is ek. Alle geraas en invloede is op hierdie oomblik uitgesluit. My hart is oop vir U om ‘n deposito daarin te maak. Help my om op U te fokus ook in hierdie wêreld waarin ons leef.

Lees gerus verder deur die Psalms. Dit is baie verrykend om te lees hoe Dawid telkemale met God gepraat het, moes bedaar en oorgegee moes lewe. Ons kan dit ook só beleef!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd!

Die lewe bied talle uitdagings wat 'n mens nie aldag verstaan nie. Maar om heeltyd daarop te fokus, is nie gesond nie. Ons kan vorentoe beweeg, tree vir tree - dis tyd!

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid