Leesplan inligting

Dis Tyd!Voorbeeld

Dis Tyd!

DAG 1 VAN 7

DAG 1 Dis "oukei" om te twyfel

Johannes 5:46-47: “As julle in Moses geglo het, sou jul in My geglo het, want hy het van My geskrywe. Maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?"

In hierdie gedeelte is Jesus aan die woord. Hy sê dat niemand Hom steeds aanvaar nie ten spyte van die feit dat Hy deur God gestuur is. Die hele gedeelte beskryf hoe ongelowig die mens is. Hoekom is dit so? Hoekom twyfel ons soms? Dit is ‘n verskynsel wat as menslik normaal bestempel word.

Twyfel tap 'n mens se energie en smokkel met jou kop. Die vyand (duiwel) krul van lekkerte ten aanskoue van ons geestelike dilemma. Ons lees, wonder, vra vrae en ploeter voort. Omdat ons onsself as volwasse met genoeg verstand ag, het ons selfs soms 'n aanmatigende houding om God as't ware uit te daag: "Gaan voort en wys my wie U is."

Om te worstel met vrae en opinies is sleg, maar dis meestal deel van ‘n groeiproses — 'n reis van dieper ervarings. Soms voel dit asof God ver is en swyg. Wat ons wel weet, is dat Hy ons toelaat om te reis — sáám met Hom en ná Hom toe.

Iemand het geskryf: “Dit voel goed om in die regte rigting te verdwaal." God het nie ons hulp nodig nie, slegs ons oop harte en hande sodat dit onder sy leiding met genade en vrede gevul kan word.

God bly God. Hy belowe om ons nooit te verlaat nie. Hy kom altyd sy beloftes na.

Here, help my om die geraas in my denke en gees onder beheer te kry — onder u beheer. Heilige Gees, lei my om U te hóór en u teenwoordigheid te beleef, wanneer ek stil word voor U.

Mag jy nou reeds weet dat jy "oukei" gaan wees. Maak seker jy loop geestelik in die regte rigting, selfs al voel jy verdwaald.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd!

Die lewe bied talle uitdagings wat 'n mens nie aldag verstaan nie. Maar om heeltyd daarop te fokus, is nie gesond nie. Ons kan vorentoe beweeg, tree vir tree - dis tyd!

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid