Leesplan inligting

Bybel Vir KindersVoorbeeld

Bybel Vir Kinders

DAG 6 VAN 8




Maria het op die lawaaierige berg gestaan, sy was baie hartseer. Haar Seun is besig om dood te gaan. Sy het naby die plek gestaan waar Jesus aan die kruis gehang het.

Hoe het dit Gebeur? Hoe kon Jesus se mooi lewe op so aaklige manier eindig? Hoe kon God toelaat dat Sy seun op ‘n kruis gehang word, om daar dood te gaan! Het Jesus ‘n fout gemaak? Wie was Hy? Het Hy misluk?

Nee! God het nie misluk nie. Jesus het nie ‘n fout gemaak nie. Jesus het altyd geweet dat Hy doodgemaak sal word deur bose mense. Toe hy ‘n baba was het Simeon vir Maria gesê van die hartseer wat voorlê.

‘n Paar dae voor Jesus dood gemaak is, Het ‘n vrou duur parfuum op Jesus se voet kom uitgooi. “Sy mors geld” het die disipels kla. “Sy doen ‘n goeie daad” het Jesus gesê.

Na dit het Judas een van Jesus se twaalf dissipels ooreengekom met die hoëpriester om Jesus te verraai vir 30 silwer geld stukke.

By die Joodse Paasfees, het Jesus die laaste nagmaal saam met sy dissipels geëet. Hy het hulle vertel van die wondelike dinge wat wag vir die mense wat aan Hom gehoorsaam is. Toe het Jesus vir hulle brood gegee en ook die beker om te drink. Dit was om hulle te herrinner dat Jesus se liggaam en bloed sondes vergewe.

Toe het Jesus vir die dissipels gesê dat hy verraai sal word en dat hulle almal van Hom af sal weghardloop. “Ek sal nie weghardloop nie” het Petrus gesê. “Voor die haan kraai sal jy drie keer sê jy ken my nie.” Het Jesus gesê.

Later daardie selfde nag het Jesus na die tuin van Getsemanie gegaan om te bid. Maar die dissipels het aan die slaap geraak. Jesus het gebid, “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Skielik was ‘n hele klomp soldate in die tuin, Judas was voor in die groep. Jesus het nie baklei nie, maar Petrus het ‘n man se oor af gekap. Jesus het die man se oor weer terug gesit en dit gesond gemaak. Jesus het geweet dat dit deel van God se plan was dat Hy gearresteer moet word.

Die soldate het Jesus na die Hoëpriester se huis gevat. Daar het die Joodse leiers besluit om Jesus dood te maak. Petrus het daar naby gestaan en gekyk wat gebeur. Drie keer het mense vir Petrus gesê “Jy was by Jesus” Drie keer het Jesus gesê dit is nie so nie. Hy het tot gevloek en gesweer om vir die mense te wys dat hy nie vir Jesus ken nie.

Toe het die haan gekraai. Petrus het onthou wat Jesus vir hom gesê het en hy het baie hartseer gehuil.

Judas was ook jammer. Hy het geweet dat Jesus geen sonde gedoen het nie. Hy het die 30 stukke silver terug gevat maar die priesters wou dit nie terug vat nie. Judas het die geld neergegooi en weggegaan en hom self gaan ophang.

Die priester het vir Jesus na Pilatus gebring die Romeinse governeur. Maar hy het vir Hulle gesê. “Ek vind in hierdie man geen skuld van dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;” Maar die mense het aanhou skree, “Kruisig Hom, Kruisig Hom”.

Pilatus het vir die mense geluister en het Jesus gevonnis om op ‘n kruis te sterf. Die soldate het vir Jesus geslaan en in sy gesig gespoeg. En ‘n kroon gemaak van dorings en dit op sy kop gesit. Hulle het hom toe op ‘n houtkruis vasgespyker.

Jesus het ook geweet dat hy op daardie manier sal dood gaan. Hy het ook geweet dat sy dood vergifnis vir sondaars sal gee as hulle in hom glo. Daar was twee kriminele saam met Jesus gekruisig. Die een het geglo en Jesus het vir hom gesê jy sal saam met my in die Paradys wees.

Na baie ure wat Jesus gely het het Hy gesê, “Dit is is klaar.” en gesterf. Sy werk was klaar. Sy vriende het Hom in ‘n privaat graf begrawe.

Die Romeinse soldate het die graf verseël. Niemand kon in gaan of uitgaan nie.

As dit die einde van die storie is sal dit baie hartseer wees. God het iets baie wonderlik gedoen Hy het vir Jesus laat opstaan uit die dode!

Vroeg die volgende more op die eerste dag van die week, het van Jesus se dissipels by die graf gekom die klip wat die graf geseël het was weggerol. Jesus was nie meer daar nie.

‘n Vrou het by die graf gebly en gehuil. Jesus het aan haar verskyn Sy het terug gehardloop en vir die dissipels Gaan sê. JESUS LEEF! JESUS HET OPGESTAAN UIT DIE DOOD!

Jesus is gou na sy dissipels, Hy het sy hande met die spyker merke vir hulle gewys. Dit was waar JESUS WAS WEER LEWEND. Hy het Petrus vergewe omdat hy hom verloên het. Hy het vir sy dissipels gesê dat hulle vir almal moet vertel van Hom. Daarna het hy terug gaan na die hemel waarvandaan Hy gekom het.

Die Einde

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Bybel Vir Kinders

Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Ons wil graag Bible for Children, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid