Leesplan inligting

Bybel Vir KindersVoorbeeld

Bybel Vir Kinders

DAG 3 VAN 8




Noag het God aanbid. Al die Ander mense het vir God gehaat en was ongehoorsaam aan Hom. Eendag het God iets skokkend vir Noag gesê “Ek gaan hierdie sondige wêreld verwoes.” “Net jou familie sal luister en gered word.”

God het Noag gewaarsku dat ‘n groot vloed gaan kom wat die hele aarde gaan toemaak. Bou ‘n hout ark, ‘n groot boot sodat jy en jou familie en al die diere daar in kan bly. Noag het gedoen wat God bevel het. God het vir Noag presies gesê hoe die ark gebou moet word. Noag was baie besig.

Die mense het vir Noag gespot, terwyl hy vir hulle vertel het hoekom hy die ark maak. Maar Noag het aangehou bou. Hy het ook aangehou om vir die mense van God te vertel. Maar niemand het geluister nie.

Noag se geloof was groot. Hy het God geglo al het hy nog nie geweet wat reën is nie, omdat dit nog nooit vantevore op die aarde gerëen het nie. Die Ark was uiteindelik gereed om alles in te laai.

Nou het die diere na die Ark gekom. God het hulle laat kom, die rein diere het sewe pare gekom en van die onrein diere net een paar. Voëls groot en klein, groot diere en klein diere het na die Ark gekom.

Die mense het vir Noag gespot terwyl hy die diere elkeen op hulle plekke in die Ark laat ingaan het. Hulle het nie opgehou om sonde teen God te doen nie en ook nie in die Ark ingegaan nie.

Uiteindelik was al die diere en die voëls in die ark. God het vir Noag gesê, “gaan jy en jou familie in die ark in.” Noag en sy vrou en sy drie seuns en hulle vrouens het ingegaan en God het die ark se deur gesluit.

Toe het die reën gekom. Dit het vir veertig dae en nagte gereën.

Die vloed het oor die dorpe en die mense gespoel. Toe die reën stop was tot die berge onder water. Alles wat asemgehaal het was dood.

Soos die water hoër geword het het die ark bo-op die water gedryf. Dit moes seker donker in die ark gewees het mikien skrikkerig. Maar die Ark het vir Noag en sy Familie en diere veilig gehou.

Na vyf maande van vloed het God ‘n wind gestuur om die aarde droog te waai. Eendag het die ark op ‘n hoë berg wat se naam Ararat was gestop. Noag het nog verder vir veertig dae in die ark gebly om vir die water te wag om weg te gaan.

Noag het ‘n kraai en ‘n duif by die oop venster uitgestuur. Omdat die duif nie ‘n droë plek kon kry om te rus nie het hy terug gekom na Noag en die ark.

‘n Week later, het Noag weer ‘n duif uitgestuur, die duif het hierdie keer met ‘n vars olyfboom se takkie in sy bek terug gekom. Die volgende week het Noag geweet dat die aarde droog is toe die duif nie weer terug gekom het nie.

God het vir Noag gesՙê dit is tyd om uit die ark uit te gaan. Saam het Noag en sy familie die diere uit die ark uit laat gaan.

Noag moes baie dankbaar gewees het! Hy het ‘n Altaar gebou en vir God aanbid. Omdat God hom en sy familie van die nare vloed gered het.

God het vir Noag ‘n wonderlike belofte gegee. Dat hy nooit weer ‘n vloed sal stuur om mense te straf vir hulle sonde nie. God het ‘n teken gegee om ons aan daardie belofte te herinner. Die reënboog is die teken van die belofte.

Noag en sy familie het ‘n nuwe begin gemaak na die vloed. Noag se nageslagte het weer die aarde volgemaak met mense. Alle nasies het van Noag en sy familie afgekom.

Die Einde

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Bybel Vir Kinders

Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Ons wil graag Bible for Children, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid