Leesplan inligting

Bybel Vir KindersVoorbeeld

Bybel Vir Kinders

DAG 4 VAN 8




Lank lank gelede het God sy Engel Gabriël na ‘n jong joodse meisie gestuur, haar naam was Maria hy het vir haar gesê “Jy gaan ‘n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal die Seun van die Allerhoogste genoem word. Hy sal vir ewig regeer.”

“Hoe kan dit wees?” Het Maria verbaas gevra. “Ek het nog nooit met ‘n man geslaap nie.” Die engel het vir haar gesê dat die kind nie van ‘n menslike pa af kom nie maar van God af.

Die engel het ook vir haar gesê dat haar tante Elisabet ook ‘n kind gaan hê al is sy al oud. Dit sal ook ‘n wonderwerk wees. Kort daarna het Maria vir Elisabet gaan kuier. Hulle het God saam geloof.

Maria was verloof aan ‘n man Josef en hy sou met haar getrou het. Josef was baie hartseer toe hy gehoor het Maria verwag ‘n baba. Hy het gedink ‘n ander man was die baba se pa.

In ‘n droom het God se engel vir Josef gesê dat dit God se kind was. En dat hy met Maria moet trou en help na die baba kyk.

Josef het God vertrou en was gehoorsaam aan God. Hy het ook sy land se wette gehoorsaam. Omdat die land ‘n nuwe wet gemaak het hy en Maria hulle dorp verlaat en na Betlehem gegaan.

Dit was amper tyd vir die Baba om gebore te word. Maar Josef kon nêrens ‘n kamer kry om te bly nie al die herberge was vol.

Josef het uiteindelik ‘n stal gekry, Dit is waar Jesus gebore is. Sy ma het hom in ‘n krip neer gelê. Die plek waar die mense vir die diere kos ingooi om te eet.

Daar naby was herders wat besig was om hulle skape op te pas. God se engel het aan hulle verskyn en vir hulle die wonderlike nuus vertel. “Daar is vandag in die stad van Dawid gebore die Saligmaker wat Christus, die Here, is. Julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.”

En skielik was daar saam met die engel baie ander engele wat God prys en sê “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!”

Die herders het vinnig na die stal gegaan. Nadat hulle vir Jesus gesien het het hulle vir almal vertel wat die engel omtrent Jesus gesê het.

Veertig dae later, het Josef en Maria vir Jesus na die temple in Jerusalem gebring. Daar was ‘n man met die naam Simeon wat God geloof het oor baba Jesus. ‘n Ander dienskeg van God Anna het ook vir God dankie gesê en Hom geloof dat sy vir Jesus kon sien. Hulle het altwee geweet dat Jesus die Seun van God was, die beloofde Verlosser. Josef het twee duiwe geoffer. Dit was die offergawe wat arm mense kon bring wanneer ‘n pasgebore seun na God gebring was.

‘n Ruk later het ‘n spesiale ster wyse manne van die ooste na Jerusalem gelei. Hulle het gevra, “Waar is Hy wat gebore is as Koning van die Jode. Ons wil Hom aanbid.”

Koning Herodus het van die wyse manne gehoor. Hy was baie omgekrap en het vir hulle gevra om vir hom te kom sê as hulle Jesus gekry het. “Ek wil Hom ook aanbid.” Maar hy het gelieg. Herodus wou vir Jesus doodmaak.

Die ster het die Wyse manne na die presiese huis gelei waar Maria en Josef en die Kind Jesus gebly het. Hulle het neer gekniel en Jesus aanbid. Hulle het vir Jesus duur geskenke gegee. Goud en parfuum.

God het die Wyse manne gewaarsku om nie weer na Herodus te gaan om vir hom te sê waar hulle Jesus gekry het nie. Herodus was baie kwaad. Hy het al die baba seuns onder twee jaar in Jerusalem doodgemaak.

Maar Herodus kon nie vir Jesus dood maak nie! God het Josef in ‘n droom gewaarsku, en hy het vir Maria en Jesus na veligheid in Egipte gevat.

Toe Herodus dood is het Josef en Maria en Jesus terug gekom van Egipte af. Hulle het in ‘n klein dorpie Galalea gaan bly!

Die Einde

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Bybel Vir Kinders

Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Ons wil graag Bible for Children, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid