Leesplan inligting

KykNET Lent GidsVoorbeeld

KykNET Lent Gids

DAG 6 VAN 39

Jaloesie en Afguns

"Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid"
Efesiërs 4:31.

Jaloesie is om bang te wees ek verloor ‘n verhouding of ‘n deel van ‘n verhouding wat baie vir my beteken. Afguns is om iets te wil hê wat ‘n ander persoon het.

Jaloesie sê, jy bedreig my lewe deur iemand wat ek liefhet se aandag, liefde en versorging van my te wil wegneem. Die denke van jaloesie kan jou laat met emosies van woede, hartseer en vrees.

Afguns sê, ek wil hê wat jy het en ek wil nie hê dat jy dit moet hê nie. Ek wil selfs hê dat jy afgetrek word en verlies ly. Dié denke kan my laat met ‘n diepe ontevredenheid, verwyt en bitterheid.

Ons kan grappies maak oor afguns en jaloesie en selfs vir ander ‘n kompliment gee deur te sê “ek is jaloers op jou!” Ons kan toegee aan die advertensies wat daarop gerig is om ons ontevrede en afgunstig te maak, maar ons sal sit met die effek van afguns en jaloesie. Die wet maan ons om nie jaloers en afgunstig te wees nie. (Eksodus 20:17) Hierdie opdrag word herhaal in die Nuwe Testament (Efesiërs 4:31). In die geskiedenis van die kerk was dit iets groots en is gereken onder die groot aartssondes.

Voordat ons die kwaad met die goeie kan oorwin moet ons eers afguns en jaloesie in ons lewe erken en aanvaar. "... Hulle sê alles is reg, maar niks is reg nie ..." (Jeremia 6:14 AFR83).

Is ek bang dat iets van groot waarde van my weggeneem kan word deur iemand anders? Wil ek baie graag iets hê wat aan iemand anders behoort? Wil ek graag hê dat die persoon dit moet verloor? Watter soort gesprek moet ek met die persoon hê?

Kan ek my afguns en jaloesie teenoor Hom bely en saam met Hom ‘n pad begin stap om anders te dink oor die lewe, herskep te word en van afguns en jaloesie bevry word?

Hoe kan ek fokus op die goeie wat ek het en nie net op dit wat ek nie het nie?

Hoe kan ek afguns en jaloesie bely om gelukkig te wees met wat ek nou het?

Hoe kan ek fokus op die goeie wat ek het?

Herhaalgebed: Here, ek vra vir die genade van ‘n lewe vry van vergelyking.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

KykNET Lent Gids

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/
 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid