Leesplan inligting

KykNET Lent GidsVoorbeeld

KykNET Lent Gids

DAG 8 VAN 39

Schadenfreude (nydig)

"… wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween …"
Romeine 15:15.

Schadenfreude is ‘n Duitse woord wat in die Engelse taal ingekruip het — seker omdat die woord ‘n emosie so akkuraat en vol nuanse beskryf. Schadenfreude is ’n samevoeging van twee Duitse woorde: Schaden – wat skade beteken, en Freuden – wat vreugde beteken. Dit beteken daarom letterlik om vreugde (blydskap of plesier) te ervaar as iemand anders pyn ervaar deur verlies. Daar is iets wreed en venynig daaraan. Dink net, as ek jaloers op jou is, m.a.w. as ek iets wil hê wat jy het en wil hê jy moet dit verloor, raak ek bly as jy dit verloor, selfs al kry ek dit nie, dis regtig nydig.

Dit is so anders as Jesus wat innige meegevoel gehad het met almal wat verlies ly. Selfs met sy vyande. Dit is waarom Paulus sê dat ‘n meer gepaste reaksie sal wees om te ween met die wat ween, bly te wees met die wat bly is (Romeine 12:15). Deur nydigheid gaan ons teen die diepste aard van ons menswees, wat kan lei tot gevoelens van skuld en skaamte. Nydigheid is algemeen in ons kultuur. Ons sien dit in die politiek, sport en films waarna ons kyk. Dit is iets wat ek ook in myself opmerk.

Dit is maklik om opgesweep te word met kollektiewe nydigheid en, saam met die groep waaraan ek behoort, bly te raak oor ander wat ly, maar dit verander nie die feit dat dit nie ware verbintenis met myself bevorder, die groep of die ander party wat skade ly nie.

Die vraag is nou of ek iemand wil wees wat bly is as ander skade ly, siek word en doodgaan, wie hulle ook al is?
Soos wie wil ek regtig wees?

Herhaalgebed:

Here, ek vra vir die genade van ‘n lewe vry van vergelyking.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

KykNET Lent Gids

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/
 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid