Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 2)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

DAG 5 VAN 5

Is dit daardie tyd van die maand? Het jou emosies die oorhand oor jou gekry en vandag ontvang jou familie die slegste van jou?


Emosies. Al daai gevoelens. Ugh. Party dae is dit regtig moeilik om 'n vrou te wees.


Tog — hierdie emosies is deur God aan ons gegee. Dit is deel van sy Goddelike geaardheid wat Hy aan ons oorgedra het toe Hy ons as sy beeld geskape het. Vir die meeste vroue is koestering, vertroosting en sagtheid, maar net 'n deel van wie ons is. Daardie wonderlike, diep emosies kan egter vinnig verander in oorheersing, klaery en om beheer te verloor.


Die laaste keer wat ek gaan kyk het, het om beheer te verloor nie die lys gehaal as 'n vrug van die Gees nie.


Ons emosies is nie iets om van weg te kruip nie, maar is kwaliteite wat ontwikkel moet word onder leiding van die Heilige Gees. Ons word te dikwels verswelg deur die misplasing van ons beste eienskappe, en die wenner is die Satan. Ons laat ons emosies ons lei in plaas daarvan om beheer aan die Gees van God oor te gee. Die gevolge laat ons met verwoesting en gebrokenheid in ons familie — en selfs in ons eie harte.


Die krag van God is daar — ons moet net daarvoor vra. Hy is meer as genoeg om ons te help om ons eie swakhede te oorkom en sy genade is genoeg om die donkerte in ons harte te bedek.


Wanneer jy besef jou emosies is op hol, verneder jouself voor jou familie en erken dat jy besef jy is nie emosioneel op jou beste nie. Vra om vergifnis nog voordat jy die geveg verloor het. Die feit dat hulle (en jy) die situasie verstaan, sal jou help om die moeilikste van dae aan te durf in die wete dat Hy in beheer is, selfs van jou gevoelens.


Vader, soms is dit regtig moeilik om 'n vrou te wees. Soms weet ek nie eens of U regtig verstaan nie, aangesien U as 'n man aarde toe gekom het. Tog verkies ek om U selfs daarmee te vertrou, aangesien U God is en nie ek nie. Ek erken dat my emosies my sommige dae lei en dat ek 'n pad van seergemaakte gevoelens en gewonde harte agterlaat — selfs my eie. Ek plaas nou my emosies aan u voete. Ek weet ek sal dit môre en oormôre weer moet doen, maar ek gee daardie beheer aan U. Maak my gevoelig vir die kere wanneer my emosies neig na my menslike natuur, eerder as na u Gees. Ek kies U en u weë.


As jy hierdie leesplan geniet het, kyk ook na Deel 3 hier waar jy 'n gedrukte weergawe van die reeks kan kry hier Maak kontak met Robin op Instagram @manymeadows


 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

Aanmoeding vir ma's van 'n ma wat 7 kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 2 van 12 in hierdie reeks leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid