Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 2)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

DAG 3 VAN 5

Oorweldig. Dit is 'n ma op enige dag van die week. En raai wat? Ons is in baie goeie geselskap!


Kyk na Markus 6:31-34


"Hy sê toe vir hulle: 'Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie''" (vers 31b). Hy het dit gesê omdat daar so baie mense gekom en gegaan het dat Jesus en sy dissipels nie eens tyd gehad het om te eet nie.


Jesus het ook daardeur gegaan. Hy verstaan.


"Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees. Baie mense het hulle egter gesien en agtergekom waarheen hulle gaan. Hulle het vinnig van al die dorpe af te voet daarheen gegaan en nog voor Jesus en sy dissipels daar aangekom" (verse 32-33).


Klink dit bekend? Soos jou lewe enige dag van die week? Jesus was ook oorweldig. Hy was menslik.


En Hy is God.


"Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer" (vers 34).


Selfs Jesus het die behoefte gehad om bietjie weg te kom. En ons het dit nodig. Koffie met 'n vriendin een maal per week vir een uur sal wondere verrig. 'n Gereelde romantiese afspraak met jou man.


Die werklikheid van die saak is egter dat die skare steeds daar sal wees wanneer ons terugkom. Ek dink Jesus het dit geweet en dit so aanvaar. Hoe anders sou Hy hulle innig jammer kon kry?


O, Jesus. Ek weet U was ook menslik, soos ek, en dat U die spanning en druk van ander mense kon oorkom deur medelye. Ek bid dat U medelye in my hart sal laat groei, selfs op hierdie oomblik, vir my eie "skare". Die dae is lank en, alhoewel mense vir my sê die jare is kort, voel dit vir my asof hierdie fase nooit gaan einde kry nie! Mag ek my krag put uit die vreugde daarvan om vir U te lewe, selfs wanneer alles om my soos 'n deurmekaarspul voel. Mag ek u medelye en voorbeeld my eie maak terwyl ek my kinders leer van u onfeilbare liefde.


Psalm 62:12-13 (DB): "Daar is twee dinge wat vir my baie duidelik geword het: Dis net God wat regtig mag het. 'n Mens kan net op die Here vertrou."


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

Aanmoeding vir ma's van 'n ma wat 7 kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 2 van 12 in hierdie reeks leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid