Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 2)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

DAG 1 VAN 5

Psalm 102 skets 'n uitstekende, amper snaakse, prentjie van ons ma's op ons slegste dae.


“Vir my verdwyn die dae soos rook" (vers 4). Ja, hulle vlieg óf verby sonder dat jy enigiets uitgevoer het, óf hulle sleep net aan en slapenstyd kan nie gou genoeg aanbreek nie.


“Ek is verskroei en uitgedroog soos gras” (vers 5a). Die woorde wat my kind nou net op my geskree het, het seerder gemaak as wat dit moes.


“Ek het alle eetlus verloor" (vers 5b). Dit is omdat jy jou oggend koffie in die mikrogolfoond gekry het toe jy gaan om jou middagete warm te maak, wat ook nou alweer koud is.


“Ek voel so verlate soos 'n pelikaan in 'n woestyn, soos 'n uil tussen murasies” (vers 7). Hoe op aarde kan ek in 'n huis vol mense só eensaam voel?


“Die dae deur verneder my vyande my. Dié wat my so verkleineer, gebruik my naam as 'n vloekwoord” (vers 9). Wanneer het ek begin om my eie kinders as vyande te sien? Waarom voel die woord "ma" so dikwels soos 'n vloekwoord?


Ek onthou daardie dae. Ek onthou selfs dat ek gesê het: "Moenie vir my 'Ma' nie!" Nou, jare later, kan ek hier lees en glimlag, maar daar was baie dae toe dit heeltemal te naby aan die waarheid gevoel het. My kinders hét soos die vyand gevoel.


Alhoewel ons kinders nie die vyand is nie, het ons egter 'n regte teenstander. Die Satan is daarop uit om ons vrede en vreugde te steel, ons gesag te ondermyn en ons geloof te vernietig. Sy uiteindelike doel is om ons heeltemal te verwyder uit ons rol as liefdevolle vrou en ma. Wees op jou hoede vir sy taktieke.


Psalm 102 verander van koers wanneer vers 13 begin met “U, Here". Laat dit die uitroep van ons harte wees. Hy is getrou en het medelye. Hy reageer op ons desperate gebede en versugtinge, alles ter wille van 'n toekomstige geslag. Hy bly dieselfde — sy jare sal nooit ophou nie.


Die rede waarom ons nog voortgaan? Lees die einde van die hoofstuk: “Ons nageslag sal die land bly bewoon, ons nakomelinge sal veilig voor U woon" (vers 29).


Ons kinders is nie ons vyande nie. Hulle is ons toekoms en God se nalatenskap van liefde.


Vader, dankie dat ons selfs humor in u Woord kan vind. Vandag vra ek vir 'n ligtheid in my gemoed en dat ek sal onthou dat my kinders nie my vyande is nie, maar my nalatenskap. Help my om wakker en bewus te wees van die ware vyand wat daarop uit is om te vermoor, steel en vernietig, wetende dat hy moet vlug wanneer ek ookal u Naam aanroep.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

Aanmoeding vir ma's van 'n ma wat 7 kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 2 van 12 in hierdie reeks leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid