Leesplan inligting

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 2)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

DAG 4 VAN 5

“Ek dink ek is besig om mal te word!” Komaan, jy weet jy het dit al gesê, of al meer as een keer gedink sedert jy die titel van Ma aangeneem het. Ek weet ek het. Ek doen dit nog steeds op 'n gereelde basis.


Die gedagtes van 'n vrou en ma het omtrent 'n miljoen dinge wat daarin aan die gang is — alles terselfdertyd. “Trek jou skoene aan, ons moet oor tien minute ry. Wat bedoel jy jy kan nie jou skoene kry nie? (Hoekom kan ek nie 'n manier kry om my kinders te leer om alles op hulle plek te bêre nie?) Waar het ek my foon gelos? Wag. Is alles wat ek nodig het op my inkopielysie? Hoe laat was daardie afspraak nou weer? Hoekom is daar nie brandstof in my motor nie?" Ek kan heeldag so aanhou.


Ons gedagtes is baie kompleks. Kom ons wees nou maar eerlik — ons is nogal goed daarmee om 'n klomp goed gelyktydig te doen en baie gedoen te kry bloot deur ons denkprosesse.


Tog is ons denke ook waar ons dikwels gepooitjie word. Ons het 'n werklike vyand wat daarop uit is om ons en ons invloed te vernietig. Wanneer ons gedagtes in so 'n warboel is, begin hoor ons die leuens eerder as om die waarheid te glo van wie ons is en wie Hy is.


Die Bybel is baie duidelik hieroor: as ons aan Christus behoort, het ons sy gedagtes (1 Korintiërs 2:16). Nie menslike wysheid nie, maar die krag van God.


Hierdie wete slaan letterlik my asem weg. Ons het die gedagtes van die Almagtige? Die Skepper van hemel en aarde?


Ons kan ons gedagtes kies! Ons kan die leuens van die vyand verwerp en saamstem met die waarheid van ons liefdevolle Vader. Ons kan ons gedagtes op die dinge daarbo rig — waar Christus is.


Jesus, ek bid dat my gedagtes op U gerig sal wees, nie op my menslike begrip nie. Van hier af lyk dinge maar somber en oorweldigend. Sal U my help om my gedagtes op die dinge daarbo te rig en nie op wat ek sien en voel nie?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 2)

Aanmoeding vir ma's van 'n ma wat 7 kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 2 van 12 in hierdie reeks leesplanne deur Robin Meadows

Ons wil graag vir Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid