Leesplan inligting

Advent: Herontdek Kersfees in die ChaosVoorbeeld

Advent: Rediscovering Christmas in the Chaos

DAG 3 VAN 4

Gee met Vreugde


Gedurende die derde week van Advent, fokus ons op VREUGDE.


Een van die dinge wat veronderstel is om aan ons vreugde in hierdie tyd van die jaar te bring, kan ons eintlik van ons vreugde beroof: die gee van geskenke. Die chaos by die winkelsentrum, die spanning om die "perfekte geskenk" te kry, en die finansiële impak om so baie geskenke op 'n slag te koop, kan 'n nadelige uitwerking op ons hê. Dit is dan moeilik om 'n "blymoedige gewer" te wees.


"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en VOLOP kan bydra vir elke goeie werk"
2 Korintiërs 9:7-8.

Die aanmoediging hier is om nie met teensin vir die behoeftes van ander te gee nie. (Eintlik sê Paulus hier as jy nie in blymoedigheid kan gee nie, moet jy dit liewer los.) Ek dink dit geld ook vir die gee van Kersgeskenke.


Ek wil jou aanmoedig om te dink hoe jy jou denke oor die gee van geskenke kan herformuleer sodat die soeke, spandeer of opoffering nie jou vreugde in hierdie Kerstyd sal steel nie. Daar is 'n paar maniere waarop jy jou gee van geskenke vreugdevol kan hou …


1 — Bid doelgerig.


2 — Begroot realisties.


3 — Dink kreatief.


Begin deur doelgerig te bid. Om geskenke te gee, verg 'n bietjie beplanning en dit begin met gebed. Voordat jy selfs begin koop, 'n strategie uitwerk of skep, vra vir God om vir jou insig te gee hoe jy elke persoon op jou Kersfeeslys kan seën. Vra God vir inspirasie en idees. Jy kan ook bid dat elke persoon met die ongeëwenaarde gawe van hoop, vrede, vreugde en liefde in hierdie Adventtyd geseën sal word.


Stel dan 'n realistiese begroting op. Hierdie Skrifgedeelte lei ons duidelik dat elkeen "[soveel] moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het". Beplan dus vooruit. Besluit waarmee jy gemaklik voel om te spandeer en hou dan daarby sodat jy dit met blydskap kan gee.


Ten laaste, dink kreatief. Iets wat vir my van waarde is, is om unieke geskenke te gee wat dieper betekenis het en ' verbintenis skep, eerder as iets wat in enige winkel gekoop kan word. Ek wil jou aanmoedig om hierdie jaar na te dink sodat jy geskenke kan gee wat vir elke persoon in die kol is.


Byvoorbeeld, God het jou dalk 'n spesiale talent gegee wat jy kan gebruik om persoonlike Kersgeskenke te maak. Miskien het jy vaardighede en kennis wat jy kan deel. Dalk is kwaliteit tyd die kosbaarste gawe wat jy kan gee. (Koepons vir koffieafsprake en reëlings vir ander avonture kan jou vreugde nie slegs op Kersoggend nie, maar gedurende die jaar op hande vermeerder, wanneer jy so tyd afstaan aan die mense vir wie jy liefhet!)


Aangesien Kersfees net om die draai is, kan jy gerus 'n bietjie beplanningstyd vir geskenke afstaan. Raak stil en dink hoe jy die gee van geskenke hierdie jaar anders kan benader. Laat toe dat God jou lei na geskenke wat presies in die kol is sodat jou geliefdes geseënd sal wees. Wanneer jou gebed, begroting en kreatiewe dinkskrum afgehandel is, gee dan oorvloedig, met vreugde en gee BLYMOEDIG.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Rediscovering Christmas in the Chaos

Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees...

More

Ons wil graag vir Jen Ludwig bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://jenludwig.godaddysites.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid