Leesplan inligting

Advent: Herontdek Kersfees in die ChaosVoorbeeld

Advent: Rediscovering Christmas in the Chaos

DAG 2 VAN 4

Verruil Bekommernis vir Vrede


Gedurende die tweede week van Advent, fokus ons op VREDE.


Daar is 'n verhaal in die Bybel van Jesus wat by die huis van twee susters besoek afgelê het …


"Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: 'Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!'

Maar die Here antwoord haar: 'Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie'"
— Lukas 10:38-42.

Ek is 'n Marta, 'n gretige beplanner, wat oorloop van oorvloedige idees wat ek nie kan wag om toe te pas nie. Veral vir 'n vakansie. Of 'n verjaarsdag. Of soos in hierdie geval — vir Kersfees.


My uitvoerige voorbereidings gedurende die weke tot by die 25ste Desember, kan baie vreugde, samesyn en geskenke bring … saam met onbereikbare verwagtinge, slaaploosheid en spanning.


Dit het 'n aantal jare (en trane) geverg om my te laat besef dat ek 'n keuse het wanneer ek vir Kersfees voorberei. Ek kan soos Marta, "oor baie dinge besorg en bekommerd wees" of ek kan die geleentheid gebruik om weereens weggevoer te raak in die verhaal van Jesus se koms na die wêreld, in die gestalte van 'n baba, weens sy groot liefde vir ons.


En hoe wonderlik. Deur te kies om nie bekommerd te wees nie — eerder te verkies om God in gebed te ontmoet — word aan ons vrede belowe.


"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus"
— Filippense 4:6-7.

Of jy dus besorg is oor die oordadige voorbereidings waarby jy betrokke is (by die huis, die kantoor of die skool), of hoe jy Kersgeskenke gaan bekostig, of hoe die viering hierdie jaar sal wees met die leë sitplek van 'n geliefde aan tafel, onthou dat niks te groot of te klein is om na Hom te neem nie. Alhoewel ons verplig kan voel om alleen hierdie dinge te beplan, voor te berei en te hanteer, nooi Jesus ons om aan sy voete te kom sit en ons angstighede in gebed aan Hom oor te gee sodat die oorweldigende VREDE van God ons harte in hierdie Adventtyd kan vul.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Rediscovering Christmas in the Chaos

Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees...

More

Ons wil graag vir Jen Ludwig bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://jenludwig.godaddysites.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid