Leesplan inligting

Advent: Herontdek Kersfees in die ChaosVoorbeeld

Advent: Rediscovering Christmas in the Chaos

DAG 1 VAN 4

Wagtend in Hoop


Die Adventtyd omvat die vier weke voor Kersfees en het ten doel om in hierdie tyd ons harte vir die viering van Christus se geboorte voor te berei. Gedurende die eerste week van Advent, fokus ons op HOOP.



Hoop beteken om wagtend te wees. Hoop vereis geduld.


"Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,
vir die mens wat na sy wil vra;
dit is goed om geduldig te wag
op die hulp van die Here"
— Klaagliedere 3:25-26.


Die woord wat in hierdie verse as HOOP vertaal word, is qavah in Hebreeus. Dit word ook soms "om te wag" vertaal. Die letterlike definisie in Strong se Bybelkonkordansie is om "saam te bind (moontlik deur iets te draai)" en die oorsprong van die woord is koord.



In wese, beteken die woord, die gevoel van afwagting wat jy ondervind wanneer jy vir iets positief wag om te gebeur. Qavah kan vergelyk word met die veilige spanning wat jy voel wanneer jy aan een kant van 'n tou vashou en iemand anders hou die anderkant styf vas. In my gedagtes stel ek my 'n sterk, gevlegte tou voor wat ons aan God vashou.



Verbeel jou wat gebeur wanneer jy die tou los of dit verslap. Dan is daar geen spanning meer, geen hoop nie.



Anders gestel, hoop verwag 'n sekere mate van optrede aan ons kant.



Om geduldig te wag voel nie juis na optrede nie. Trouens, vir iemand soos ek ('n kompulsiewe beplanner), voel om wagtend te wees baie soos om geheel en al onaktief te wees. Tog is dit hoe ons geroepe is om wagtend te wees — ons moet eintlik baie doelbewus wees in ons geduldige wagtyd.



Om geduldig wagtend te wees kan nie gebeur wanneer ons deur die vakansietyd van plek tot plek jaag en bak, inkopies doen, sing en eet nie.



Om geduldig wagtend te wees, vereis tyd, êrens waar ons nie gesteur sal word nie, en ore wat luister om die klein treetjies te ontdek wat God ons vir hierdie dag gee, in plaas daarvan om op ons eie vooruit na die wenstreep te jaag.



Terwyl ons dus geduldig in afwagting wag, beloof God om ons krag te gee …


"Maar dié wat hulle HOOP [qavah] op die Here stel,
sal nuwe krag kry.
Hulle vlieg hoog, soos arende.
Hulle sal hardloop en nie moeg word nie.
Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie"
— Jesaja 40:31 (NLV).


Wanneer jy in hierdie Adventtyd jou taaklysie saamstel, nooi ek jou om tyd in te ruim om geduldig te wag. Staan doelbewus stil oomblikke af om Hom op te soek. Kry 'n gemaklike stoel om vir 'n paar minute elke dag van aangesig-tot-aangesig 'n gesprek met God te voer. Hou vas aan die tou van HOOP, en voel hoe dit is wanneer Hy die anderkant stewig vashou.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Rediscovering Christmas in the Chaos

Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees...

More

Ons wil graag vir Jen Ludwig bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://jenludwig.godaddysites.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid