Leesplan inligting

Oes Danksegging Dwarsdeur die Jaar!Voorbeeld

Harvest Thanksgiving All Year Round!

DAG 7 VAN 7

WEES DANKBAAR VIR DIE KLEIN DINGETJIES

Iemand het eenkeer in 'n grap vir my gesê: "As dit meer as vyf en twintig sent kos sê dankie!" Terwyl ek hierdie leesplan skryf, kan ek nie anders as om aan die Skrif in 1 Tessalonisense 5:18 te dink nie:


“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

Selfs vyf en twintig sente kan 'n rand opmaak. Ironies genoeg is dit dikwels die klein dingetjies wat ons uiteindelik die meeste koester.


• Dink aan daardie klein kindjie wat liefdevol vir jou 'n ruiker paardeblomme met die grootste glimlag sou gee terwyl jy hulle bedank!
• Dink aan die handgeskrewe nota wat jy weggesteek het in 'n laai van 'n geliefde wat intussen dood is.
• Dink aan daardie vreemdeling wat stilgehou het om jou langs die pad by te staan.
• Wat van daardie onverwagse oproep van 'n vriend van wie jy jare lank nie gehoor het nie?
• Die oggenddrukkies van 'n kind of kleinkind, of eggenoot.
• Die poot op jou arm van jou troeteldier wat jou aandag wil hê.

Natuurlik was dit net 'n paar gedagtes om jou geheue te prikkel om die klein dingetjies te onthou en wat baie vir jou beteken het. As 'n persoon nie na daardie ou motor kan omsien nie, veral tydens nood nie, is die kans groot dat hulle in die komende jare nie vir daardie splinternuwe motor sal sorg nie.


“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik” Lukas 16:10.

Ek het al dikwels gewonder of God ons nie net 'n bietjie toets om te sien hoe dankbaar ons is nie. Dit neem ons terug na dag een van hierdie leesplan. Onthou jy die nederige ma in Afrika wat haar kinders bymekaargemaak het om vreugdesange te sing? Deur ons oë het hulle min; tog het hulle in hulle oë die seëninge gevoel van wat hulle het en hulle daarin verheug. Hulle het geleer om die hele jaar danksegging te oes! Mag ons leer uit wat hulle het!


VANDAG SE OEFENING:


• Maak 'n lys van die klein dingetjies wat baie vir jou beteken.


• Onthou dit verg baie klein dingetjies om groter dinge te voltooi: die spykers is net so belangrik soos die hout waarmee die huis gebou word!


• Hoe meer jy God en ander dank, hoe makliker word dit.


• Wees doelgerig om "Danksegging dwarsdeur die jaar te oes!”


As jy hierdie leesplan geniet het, moedig ek jou aan om "Eternity Matters" deur Norma en ander leesplanne wat deur Norma geskryf is in die You Version biblioteek te soek.


Die skrywer en ander werke kan gevind word by http://facebook.com/eternitymatterswithnorma.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Harvest Thanksgiving All Year Round!

Ek staan verstom oor die lesse wat ons kan leer by ander kulture! Sommiges het min materiële besittings maar straal 'n diepe gewaarwording van danksegging en geluk uit! Ek weet nie van jou nie maar ek wil hê danksegging ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid