Leesplan inligting

Oes Danksegging Dwarsdeur die Jaar!Voorbeeld

Harvest Thanksgiving All Year Round!

DAG 6 VAN 7

MOENIE SKAAM WEES OM TE BUIG IN DANKBAARHEID NIE

Ek is as kind geleer om my kop te buig en God te dank vir my kos voordat ek eet. Nou, 77 jaar later, selfs in 'n restaurant, buig ek my kop in danksegging.


Miskien is ek verkeerd, maar ek voel dit is 'n gebaar wat in vandag se tyd verlore gaan. Ek is nie veroordelend nie; ek probeer net deel wat ek waarneem. My hart sweef as ek sien hoe ander God sonder skaamte dank vir dit waarmee ons geseën is. Een van die redes waarom hierdie praktyk nie so gevier word soos in die ou dae nie, is dat mense so besig geraak het dat gesinne selde saam eet.


Timoteus het ons gewaarsku oor leraars wat hulle leerstellings en reëls op die mense sal wil afdruk. Die vorige vers vertel dat sommige die mense sal leer om hulle te weerhou van sekere kosse en om nie te trou nie."Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, want dit word deur die woord van God en deur die gebed geheilig" 1 Timoteus 4:4-5.

Toe Jesus die skare gevoed het met die vyf brode en twee vissies, het hy eers God gedank voordat hy dit gebreek het. Hy het dit weer gedoen toe Hy die skare met sewe brode en visse gevoed het.


Om die tyd te neem en nog 'n geleentheid te benut om aan die Here ons dankbaarheid te betoon, help om 'n dankbare gees te laat groei.

Dit is nie dat ek 'n dankie van mense verwag wanneer ek mooi dinge vir hulle doen nie, maar as hulle nooit tyd neem om hul waardering te wys nie, wonder ek of hulle die seën waardeer. So is dit met God; mag Hy nooit aan ons dankbaarheid twyfel nie.


Wanneer ek skryf oor om te bid oor ons kos in die openbaar, weet asseblief dat dit nie 'n opvoering is nie. Alhoewel dit ander bedien wat sien hoe mense hul hoofde buig voordat hulle eet, is dit nie dat ons hardop 'n gebed oor ons kos sê wat die aandag op onsself vestig nie.


Miskien dink omstanders ons is radikaal of gek, maar dit kan hul siele roer. Dit is snaaks hoe ons na 'n hoërskool, universiteit of 'n rugbywedstryd kan gaan en ons kop verloor. Maar omdat ons nie onsself in die verleentheid wil stel nie, skram ons weg daarvan om die God van die heelal te dank vir die seëninge.


VANDAG SE OEFENING:


• As jy lanklaas gebid het voordat jy geëet het, begin vandag. Hoekom? Want dit roer nie net God se hart nie, maar dit sal jou danksegging laat groei!


• Begin by die huis. Begin by jouself en brei uit deur vir jou gesin te bid.


• Mettertyd sal jy jou kop in die restaurant wil buig!


• As jy gek optree by 'n rugbywedstryd, kan jy 'n bietjie gek wees vir God ook!


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Harvest Thanksgiving All Year Round!

Ek staan verstom oor die lesse wat ons kan leer by ander kulture! Sommiges het min materiële besittings maar straal 'n diepe gewaarwording van danksegging en geluk uit! Ek weet nie van jou nie maar ek wil hê danksegging ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid