Leesplan inligting

Oes Danksegging Dwarsdeur die Jaar!Voorbeeld

Harvest Thanksgiving All Year Round!

DAG 2 VAN 7

SING JOU INNERLIKE WESE VAN VREUGDE?

"Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied Psalm 28:7.

Net soos die boer op reën en die regte hoeveelheid son vertrou om sy oeste te laat groei, moet ons as Christus-gelowiges en volgelinge, ons hele vertroue in Hom stel! Vandag se Skrif vertel ons waar ons krag vandaan kom. Dit kom van die Here, en sy vreugde gee ons die krag om elke dag se uitdagings die hoof te bied.


In gister se studie het ons geleer van 'n vrou wie se vreugde van binne gestraal het, en uit daardie vreugde het sy en haar kinders 'n loflied gesing! In ons omstandighede van wanhoop, sonder om te weet of daar genoeg salaris is om die rekeninge te dek, of wanneer 'n geliefde 'n slegte diagnose kry, het ons genoeg vertroue in die Here om Hom deur ons omstandighede te vertrou en 'n loflied aan te hef?


Net soos ons verskeie kere per dag eet om ons liggaam te voed, moet ons ons siel daagliks voed met die Woord van God en in gebed om daardie diep vertroue te wen.


Vyf jaar gelede het ek en my man die skokkende diagnose gehoor dat daar niks meer medies gedoen kan word om sy lewe te red nie. Dit was 22 Junie 2017. Die gewas het op sy slukderm en hart gegroei. Dan het sy vermoë om te eet, te drink en te sluk verloor. Twee maande later het hy die Here ontmoet. Dan kon nie meer sy liggaam voed nie, maar sy siel het geestelike voeding gestoor om hom deur daardie dae te dra.


Sy innerlike krag wat deur die Heilige Gees verskaf is, het hom in staat gestel om voort te gaan om huisgebondenes te besoek en geestelike liedjies te sing om hulle dag op te helder!


Daar kom 'n tyd in die lewe wanneer ons Hom óf die hele pad vertrou óf besef ons geloof is nie wat ons gedink het dit is nie. Ons "aanvaar dit of bly stil." Ons het te veel Christene wat kerkbanke warm maak wat die ander 6 dae geen innerlike krag het nie! Dit praat baie maar gaan nie oor tot aksie nie. Eers wanneer ons leer om God in “alles” te vertrou, sal danksegging en vreugde van binne uitstraal!


VANDAG SE OEFENING:


· Toon danksegging elke uur.


· Wees doelgerig om 'n loflied te sing.


· As jy vandag jou liggaam gevoed het, moet jy jou siel ook voed.


· Dit is tyd om te aanvaar of stil te bly.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Harvest Thanksgiving All Year Round!

Ek staan verstom oor die lesse wat ons kan leer by ander kulture! Sommiges het min materiële besittings maar straal 'n diepe gewaarwording van danksegging en geluk uit! Ek weet nie van jou nie maar ek wil hê danksegging ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid