Leesplan inligting

Oes Danksegging Dwarsdeur die Jaar!Voorbeeld

Harvest Thanksgiving All Year Round!

DAG 3 VAN 7

KOM IN SY TEENWOORDIGHEID MET DANKSEGGING!

"Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange, want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode" Psalm 95:1-3.

Sommige mense word wakker met 'n glimlag, gretig dat hul voete die vloer moet tref! Ander bedek hul koppe by die eerste teken van daglig en sug, met gedagtes dat hulle nie die dag wil aandurf nie.


Een ding wat ek hoop ons almal leer deur hierdie leesplan is dat elke minuut wat ons wakker is, ons die groot voorreg en geleentheid het om in die teenwoordigheid van God te wees! Hoe weet ek dit? Want op Golgota het die voorhangsel van die tempel van bo na onder geskeur toe die aarde geskud het, wat ons toegelaat het om met vrymoedigheid voor die troon te kom. Jesus se kruisdood het vir ons toegang tot sy teenwoordigheid verkry! Ons het nie meer die priester nodig om in te gaan nie; ek en jy het gratis toegang!


Die oomblik wat ons elke oggend wakker word, die oomblik wat ons sy lig deur ons vensters sien skyn, die oomblik wat ons die lug sien of 'n voël hoor tjirp, is ons in een of ander vorm van sy teenwoordigheid bewus, want Hy het alle dinge geskep. Hoe moet ons die Here groet? Die Skrif sê vir ons om te sing, 'n vreugdevolle geluid te maak, en waarmee moet ons in sy teenwoordigheid kom? Met danksegging!


VANDAG SE OEFENING:


• Indien jy nie 'n oggend mens is nie, verander jou denke!


• Oefen jou glimlag voor jou oggend koffie of tee.


• Groet your geliefdes vreugdevol en bedank hulle vir iets.


• Sing 'n lied van blydskap terwyl jy werk toe of winkel toe ry.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Harvest Thanksgiving All Year Round!

Ek staan verstom oor die lesse wat ons kan leer by ander kulture! Sommiges het min materiële besittings maar straal 'n diepe gewaarwording van danksegging en geluk uit! Ek weet nie van jou nie maar ek wil hê danksegging ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid