Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 5 VAN 29




Die Komende Koning

Lees: Jesaja 11—12

SOAP: Jesaja 11:10

"In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai 'n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet."

Oordenking

Die wêreld stuur dikwels vir ons teenstrydige boodskappe, veral gedurende die Kerstyd. Soms hoor ons: "Jy het hierdie nuwe ding nodig om gelukkig te wees." Ander kere vertel die wêreld vir ons dat al wat ons nodig het liefde, ‘n plekkie waar ons hoort en 'n bietjie betowering is. Ons hoor boodskappe om dankbaar te wees en om die goeie om ons raak te sien, ons moet nie op die gebrokenheid fokus nie, maar eerder op die positiewe.

Ons het inderdaad baie om voor dankbaar te wees. Hoewel God ons beveel om dankbaar te wees, eis Hy nie dat ons pyn en hartseer moet ignoreer nie. Die Skrif is vol herinneringe aan ons gebrokenheid en ons desperate behoefte aan 'n Verlosser. In die lig hiervan behoort Jesaja se woorde vir ons vertroosting en vrede te bied.

Gebrokenheid en wanhoop kan oral om ons bestaan, maar ons Koning kom. Hy word nie teruggehou deur regerings, volke, magte of duisternis nie. Hy is 'n almagtige Koning wat voor die nasies staan ​​en in vrede regeer. Hy sal 'n regverdige heerser wees, Hy sal ons 'n nuwe natuur gee, en die hele aarde sal sy tuiste wees. Ons wag desperaat op sy koms.

Ons Verlosser, ons Koning, het voorheen gekom. Hy het na die aarde gekom as 'n baba, Homself verneder en Homself aan 'n menslike gestalte onderwerp, aan 'n kruis gesterf as 'n offer vir die sondes van die wêreld. Jesus het nie gekom as 'n koning nie, maar as 'n dienskneg, en Hy belowe om weer te kom. Op daardie tydstip sal Hy kom as die heersende Koning. Hy sal die gebrokenheid van die wêreld herstel, wat verlore was herstel en ons in elke opsig genees.

Kom ons onthou hierdie Kerstyd wat waar is, terwyl ons teen die leuens van die wêreld veg. Ons trap nie in die strik van die wêreld se misleiding nie – ons smag na wat kom. Ons verlang na die terugkeer van ons Koning, die Heilige van Israel. Hy sal geregtigheid, vrede en vreugde vestig. Ons kan ons verheug oor sy koms selfs terwyl ons ‘n groot verwagting het.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid