Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 1 VAN 29




Welkom by ons Bybelstudie: Die God wat Herstel.

Waarvoor wag jy vandag? Wat hoop jy dat God vir jou gaan doen? Watter begeertes en verlangens in jou lewe probeer jy in eie krag bevredig?

Ons almal wag of hoop op iets. Ons leef in ‘n stukkende wêreld, en ons verlangens herinner ons dat iets, of iemand groter aan die kom is.

Of ons dit wil erken of nie, ons almal wag uiteindelik op die wederkoms van Jesus Christus, ons ewige Koning. Selfs al kan ons tydelik self ons verlangens bevredig, hoop ons tog maar altyd op iets meer — op ware vervulling wat slegs deur Christus se herstel kom.

“Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!” – Lukas 1:32-33

Advent is ‘n tydperk van wag, onthou en bly wees. Ons wag op Christus se terugkeer, en vier sy eerste koms terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. En ons loof Hom en onthou die vreugde wat ons ervaar omdat ons ons hoop op Christus stel. Die Herstel Bybelstudie-joernaal neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

Wat is S.O.A.P.?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans", gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Die "SOAP"-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "S.O.A.P." en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "S.O.A.P."?

Die S staan virScripture — jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan virObservation — wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan virApplication — Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan virPrayer — Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy gedurende hierdie tyd iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely as Hy vir jou sonde in jou lewe gewys het.

Inleiding:

Ons het almal al 'n tydperk van wag beleef. Of ons nou tans in een is en of ons een in die verlede ervaar het, ons weet daar sal meer tydperke van wag in die toekoms wees. Terwyl ons wag en dienge op hierdie aarde verwag, weet ons ook dat ons op iets meer wag. Ons wag uiteindelik op Jesus Christus, ons Verlosser en ewige Koning, dat Hy sal terugkeer en sy volk ten volle herstel en sy koninkryk op aarde vestig.

Advent is 'n seisoen van onthou en wag. Ons wag op Christus se wederkoms, en ons onthou die beloftes wat Hy reeds vervul het. God het beloof om 'n Messias te stuur om die wêreld van sonde en dood te red. Jesus Christus, die Seun van God, het 'n volmaakte lewe gelei, 'n offerdood gesterf en is weer opgewek. Met sy eerste koms het Hy die wêreld van sonde verlos. Wanneer Hy terugkeer, sal Hy sy volk volkome herstel en sy koninkryk op aarde vestig.

Advent is 'n tydperk waarin ons die gebrokenheid wat ons elke dag in die wêreld ervaar in die gesig staar. Ons neem tyd om te onthou en te erken hoe die wêreld is, nie hoe dit behoort te wees nie, en ons sien met verwagting uit dat Christus die vrede kom herstel. In sy eerste koms het Jesus ons verhouding met God, wat deur sonde verbreek is, herstel; wanneer Hy terugkeer, sal Hy die wêreld vir eens en vir altyd van pyn en lyding bevry.

Advent is 'n tydperk waarin ons vreugde uitstraal. Ons kan vreugde vind terwyl ons wag en onthou, want ons weet vir wie ons wag. Ons wag vreugdevol op die wederkoms van Christus, en glo dat die herstel en verlossing wat Hy bring volkome sal wees. Terwyl ons God loof vir die eerste koms van Christus en vir sy reddingswerk, vind ons vreugde. Terwyl ons op sy wederkoms wag, ontdek ons ​vreugde in die wete ons grootste verlange uiteindelik in Hom vervul sal word.

Advent is 'n tydperk waarin ons reflekteer en nadink. Terwyl Maria die geboorte van Johannes die Doper en haar swangerskap met Jesus beleef het, was sy nederig en het sy nagedink oor alles wat besig was om te gebeur. Sy het voorberei vir die koms van Christus, van die Messias, in stille gereedheid. Sy eerste koms het as baba begin en gelei tot opoffering en dood. Sy wederkoms sal begin met 'n trompetgeskal en sal nooit eindig nie!

Ons berei ons harte voor om die geboorte van Christus gedurende die tydperk van Advent te vier. Mag ons besin en God loof vir die ongelooflike gawe van sy Seun, terwyl ons veg teen die eise en druk van die wêreld. Kersfees is die viering van sy geboorte en sy lewe, dood en opstanding. Tydens Advent wag ons. Ons berei voor; ons onthou. Ons erken ons gebrokenheid en gee uitdrukking aan ons vreugde. Kom ons bestudeer saam die Woord van God terwyl ons wag, nie net vir Kersfees nie, maar vir sy wederkoms!

Tydens Advent wag ons. Ons berei voor; ons onthou. Ons erken ons gebrokenheid en gee uitdrukking aan ons vreugde.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid