Leesplan inligting

Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 3 VAN 10

"Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13 AFR20).


Dit is verstommend dat jy 'n God het wat aarde toe gekom het, hier gelewe het en dus jou swakhede eerstehands ken. Hoeveel meer gerusstellend is dit dat jy dieselfde God in die hemel het wat verhewe is bo alles in die lewe soos jy dit nou ken! Dis maklik om te praat, en die holruggeryde gesegde: "dis maar net hoe dit nog altyd was" hoor jy gedurig, — maar nie in jou gebede nie. Jou gebede verlaat hierdie wêreld en gaan 'n wêreld van volmaaktheid, mag en moontlikhede binne. Jy stuur jou gebede op na 'n Vader in die hemel en hulle kom as 'n nuwe skepping hier op aarde terug.


Ons noem dus sy Naam “heilig”. Vereer dit met doelgerigtheid. Waardeer dit. Koester dit. Dit is nie die plek wat hemel is wat jou gebede so wonderlik maak nie; dit gaan oor die Persoon wat dit daar ontvang. Die Naam van Jesus is bo alle name. Daar is geen ander naam wat red nie. Hy sit nou langs die Vader in die hemel en tree nog steeds vir ons in.


Dus, wanneer jy dan vandag bid: "ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word,” bestee 'n bietjie tyd daaraan om op te let of jou gebede deesdae meer klink asof hulle gerig is aan iemand op aarde eerder as aan 'n God in die hemele. Jy het moontlik al baie keer, met goeie bedoelings, vir God vertel waar en hoe om jou gebede te beantwoord, soos dinge hier op aarde werk. Verander dit vandag eerder na 'n gebed gerig aan 'n God in die hemel wie se gedagtes nie dieselfde as jou gedagtes is nie en wie se weë nie dieselfde as jou weë is nie. Bid 'n gebed wat oop is vir nuwe krag en moontlikhede uit die hemel.


Staan ook tyd daaraan af om op te let wat jou hart as heilig van Jesus, sy Vader en die Gees beskou. Moenie rondskarrel in jou soeke na al die woorde wat alles sal sê wat jy van Jesus liefhet nie. Sit net stil en laat jou hart toe om al die liefde wat jy vir God het, te ervaar — in al drie die Persone waardeur Hy ons ontmoet. 'n Eenvoudige "Amen" na daardie ervaring sal genoeg wees.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder a...

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid