Leesplan inligting

Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 2 VAN 10

"Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13 AFR20).


Om aan God te dink op dieselfde manier as wat jy aan jou pa dink, bring 'n verskeidenheid van emosies na vore. Miskien het jy 'n voorsprong gehad van hoe jou hemelse Vader se voorsiening en beskerming is, deur jou eie pa en kan jy jou indink hoeveel groter dit is met 'n volmaakte Vader wat al die leemtes vul. Of dalk het jy presies die teenoorgestelde ervaar en het dit tot groot hindernisse in jou gebede gelei.


Vandag is die dag om te erken wat jou waarheid is. Dink aan alles wat jou pa vir jou was en tans is. Dink ook aan wat hy nié was nie. Dink na hoe dit jou gevorm het. Dink ook na óf en hóé dit jou siening beïnvloed het van die hemelse Vader wat jy aanbid.


Nou is dit tyd om op te let na dit wat 'n hemelse Vader vir jou wil sê: oor wie Hy is en hoe Hy oor jou dink. Laat sy eie stem toe om met jou te praat. Sy stem is nie jou pa s'n nie. As jy stil raak en luister, glo dat wat Hy van jou sê, is 'n waarheid wat jy nou moet hoor.


Wat jy ook al hoor of dink jy hoor, kan jy Hom met 'n gebed beantwoord.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder a...

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid