Leesplan inligting

Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 1 VAN 10

"Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13 AFR20).


Jou Vader in die hemel is óns Vader in die hemel. Wanneer jy vandag begin met wat mag voel soos 'n 10-dag persoonlike reis na 'n dieper gebedslewe tussen jou en Jesus, is jy veronderstel om daaraan herinner te word dat jy nie alleen is nie en dat alles nie net oor jou gaan nie. Waarheen Hy persoonlik met jou op pad is, het net soveel betrekking op die mense om jou. Laat Jesus jou dus vandag lei in jou persoonlike gebede met die klem op die meervoud “ons” wat Hy bedoel het as die eerste woord in die gesprek.


Bid vir Ons Kerk. Vra God om jou te help om raak te sien wat jou kerk as geheel vir jou persoonlik tot dusver beteken het. Verander dit dan in 'n gebed vir dit wat jy hoop God volgende gaan doen, of wie jy hoop Hy in jou kerk en ander kerke sal laat groei.


Bid vir Ons Kringe in Ons Stad. Elke persoon in jou stad het hulle eie unieke name en behoefte aan Jesus. God het vir 'n rede 'n bepaalde aantal van daardie mense in jou lewe geplaas. Staan 'n oomblik van stilte af sodat God hul name en gesigte voor jou geestesoog kan laat verskyn. Laat God toe om eers vir jou iets van hulle te laat raaksien en sê dan 'n “Ons Vader ... ” gebed vir hulle.


Bid vir Ons Gesin. Ons het almal 'n gesin waarin ons gebore is, aangeneem is, getroud is, ensovoorts. Niemand besit ons harte meer as hulle nie. Dit kan groot troos, maar ook hartseer teweegbring. Jy het bes moontlik reeds vandag iets op jou hart vir hulle gehad, nog voordat jy begin bid het. Neem kennis van dit wat jy vir jou gesin op die hart het en verander dit dan in 'n “Ons Vader ... ” gebed vir hulle.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder a...

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid