Leesplan inligting

Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 6 VAN 10

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13).


Jy is skuldig. Dit help om dit net te erken in plaas daarvan om jou skuld te probeer omseil met leë pogings om jouself beter te laat lyk of voel as wat jy is. Jy het dinge gedoen wat verkeerd was. Jy hou ook aan om verkeerde dinge te doen. Jy is skuldig. Prys egter vir Jesus omdat Hy vir jou sonde gesterf het. Al jou sonde het saam met Jesus gesterf. Dit was die prys van vergifnis, maar Hy het dit betaal en skenk jou vergifnis as 'n gawe waar jy dit nodig het.


Wanneer jy vandag bid “Vergeef ons ons skulde,” begin om op te let hoe jou sondes jouself en andere gevorm het. Jy vra God om jou meer te gee as 'n lysie. Jy vra Hom om jou die prentjie te help sien waar jy op verkeerde paaie gewandel het. Namate daardie prentjie vorm aanneem, moet jy nie oorhaastig wees om jou verskonings te mompel nie. Laat jou hart toe om te ervaar hoe dit oor daardie prentjie voel en mag jou gebed wees, dit wat op jou hart gedruk word.


Kyk na Jesus, sy kruis en vasberade liefde wat Hom daarheen geneem het. Hou die prentjie van jou sonde langs jou prentjie van Christus en die kruis vir jou sonde. Sit stil in die vergifnis wat jy ontvang (dit was nog altyd joune, maar jy sal dit nie ten volle waardeer voordat jy nie daaroor nagedink het nie).


Verander dit wat jy opgelet het in 'n gebed van waarheid. Wat is waar omtrent jou en waar omtrent Jesus, en wat moet vandag oor jou sonde gesê word? Hierdie gebed moet jy vandag hardop sê.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder a...

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid