Leesplan inligting

Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 7 VAN 7

Hy ís by jou!

Ons word almal soms moedeloos. Dinge loop immers nie altyd soos ons dit beplan het nie. Ander kere weer glo ons jaar na jaar onwrikbaar in God se beloftes sonder dat dit lyk asof dit waar gaan word. En dis dan wanneer dit moeilik is om aan God se trou te bly vasklou. Dis dan wanneer ons weer kan stilstaan by ander geloofshelde van die geskiedenis. By mense soos Abraham.

Hoeveel keer moes Abraham God nie vertrou nie. Hy moes wegtrek na ’n onbekende land, meer as een keer van rigting verander en vir baie jare bly glo dat God hom en sy kinderlose vrou, Sara, tog eendag met ’n nageslag sal seën. En dan, wanneer God op 100-jarige ouderdom aan hom ’n seun, Isak, gee, verwag Hy sowaar van hom om die seun te gaan offer! Hoe onverstaanbaar was God se opdragte aan Abraham nie. En tog bly glo Abraham aan God se trou.

Later lees ons hoe die Vader se beloftes van voorspoed, ’n groot nasie en hoë aansien meer as waar geword het. Hoe Abraham absoluut uit sy sokkies geseën is.

Jy hoef nooit aan God se beloftes vir jou te twyfel nie. Hy bly getrou. En Hy sal jou altyd ... altyd ... stewig in sy hand vashou.

Here, ek vertrou U. Al verstaan ek nie. Amen

Hierdie oordenkings is geneem uit NET SOOS JY IS deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid