Leesplan inligting

Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 6 VAN 7

Kyk boontoe. Nie om jou nie.

Wanneer jy oor jou lewe terugkyk, sal jy weet: jou pad het nie altyd geloop soos jy beplan of verwag het nie. Daar was kere toe jy oor iets gedroom het, en dit in ’n nagmerrie ontaard het. Ander tye het jy spesifiek oor iets gebid en dan het God jou op ’n ander koers gestuur. Dan was daar die kere toe jy glad nie kon verstaan wat die Vader vir jou in gedagte het nie.

Wanneer jy eerlik is, sal jy egter in retrospek ook weet dat dinge toe tog ten goede uitgewerk het, dat Hy jou waarskynlik teen groot ongelukkigheid beskerm het en dat Hy toe tog beter geweet het.

Die waarheid is: God ken elke detail van jou lewe, jou verwagtinge en jou denke. Hy verstaan jou soms-se-teleurstellings, jou sonder-antwoord-vrae en het deernis met jou onbegrip. Maar Hy weet ook wanneer dit ompad-tyd in jou lewe moet wees, wanneer Hy jou in ’n ander rigting moet stuur of wanneer Hy jou eers moet laat wag. Wees daarom onder alle omstandighede sensitief vir die Vader se stem, bereid om Hom te vertrou en gewillig om te volg waar Hy lei.

God se padkaart vir ons lewens is soms onverstaanbaar, maar altyd ... altyd betroubaar.

Here van my lewe, ek weet dat U die heel beste vir my in gedagte het. Hou my oë op U gerig as ek om my kyk en verward raak. Amen

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid