Leesplan inligting

Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 1 VAN 7

Om ánders na die lewe te kyk

So lank as wat ons leef, gaan ons uitdagings en probleme hê om te oorkom en gaan daar maar altyd iets wees wat aan ons lewenskwaliteit en vrede haper. Om dus ons bestaande omstandighede weg te wens of te glo dat ons Vader veronderstel is om dit weg te neem, is nie die antwoord nie. Om te dink dat ons lewens anders of beter behoort te wees omdat ons Hom ken, was nooit deel van sy beloftes nie. Veel eerder kan ons te midde van ons omstandighede anders na die lewe kyk, want:

  • ons Vader is in alle omstandighede by ons;
  • ons Verlosser leef en daarom is ons op pad na ’n wonderlike tuiste waar ons volkome vrede en liefde gaan ervaar; en
  • ons Heilige Gees is in ons en daarom kan ons met die wete leef dat Hy ons – ondanks onsself – gedurig nuut kan maak.
Soms verander God nie ons omstandighede nie, Hy verander die manier hoe ons daarna kyk. Soms is dit nie ánder mense wat moet verander en aanpas nie, maar óns. En soms bly die prentjie van ons lewens dieselfde, maar voel ons anders daaroor omdat ons daarna kyk met die oë van ’n Geesvervulde kind.

Skepper-God, ek verwonder my daaroor dat ek, na alles, steeds een van u wonderwerke bly. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid