Leesplan inligting

Net soos jy isVoorbeeld

Net soos jy is

DAG 2 VAN 7

Net soos jy is ...

Het jy jouself ook al met ander gelowiges en Bybelfigure vergelyk en dan gedink dat jy nou nie eintlik een van die groot gelowiges van die lewe is nie? Jy twyfel soms, het dalk dikwels nie so ’n toegewyde gebedslewe as wat jy dink jy moet hê nie en sal jouself nou nie as ’n geloofsikoon bestempel nie. Miskien moet jy dan weer die woorde van Jesus aan sy volgelinge hoor wanneer Hy sê dat ons selfs met ’n klein bietjie geloof groot dinge kan doen en dat Hy met mosterdsaadgeloof groot bome kan maak.

Liewe medegelowige, die goeie nuus is dat ons Vader nie volmaakte mense verwag nie. Hy verwag net gewillige mense wat vir Hom lief is. Hy vra maar net dat ons tot Hom sal nader met ons klein geloof, met ons onsekerheid, vrae, foute ... ja, dat ons ons harte na Hom sal draai ten spyte van ons gebrokenheid. Want so lank as wat jy onopgeloste probleme, twyfelvrae, sondestryd, onvervulde behoeftes en ... ’n verlange na God het, kan Hy jou bly verander om meer en meer soos Hy te word.

God het jou lief net soos jy is! Maar Hy het jou te lief om jou te los soos jy is! Maak jy maar net jou hart vir Hom oop. Hy maak van oophartmense geloof-ghoeroes, van gewone mense sy beelddraers.

Pottebakker, hou aan om my te laat groei, asseblief. Amen

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Net soos jy is

Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid