Leesplan inligting

Skattejag Met MollieVoorbeeld

Treasure Hunt With Molly

DAG 5 VAN 7





Koester jou unieke gawes en talente

“Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het” Romeine 12:6a.

Mollie sê:

Dis tyd om gereed te maak vir die soektog na die verlore sleutel. Reginald het my na Madam Muis se winkel geneem. Sy het alles gehad wat ek vir die reis nodig gehad het. Sy het vir my 'n vars stel klere, 'n kaart en 'n flits gegee en gesonde peuselhappies om my aan die gang te hou.


Daar was wonderlike dinge in Madam Muis se modewinkel. Amelda het die mees glansryke stewels gevind. Hulle was pers en blink, met satyn skoenveters. Ek wou baie graag 'n paar besit. Ek het geweet dat ek dit nie kon bekostig nie, maar Amelda het egter aangebied om dit vir my te koop. Madam Muis was nie die baie tevrede nie.


Sy het geweet dat ek nie my soektog kon voltooi as ek daardie pragtige stewels sou dra nie. Daar was 'n rede waarom ek hierdie spesifieke stewels gekry het. Ek het dit toe nie verstaan nie, maar dit het alles sin gemaak toe ek daardie berg begin klim het om by die Groot Towenaar se huis uit te kom.


“Jy sal nie jou soektog kan voltooi as jy dit in iemand anders se skoene probeer doen nie!” — Madam Muis.

Waardeer jou unieke gawes en talente

Ons kom dikwels in die versoeking om te kyk na wat ander mense het en voel dat wat ons het, nie so goed of so spesiaal is nie. Ons is egter deur God geskape, sorgvuldig saamgestel en spesiale gawes en talente gegee om ons in staat te stel om die doel te vervul waarvoor Hy ons geskep het.


Watter spesiale gawes en talente het jy?


Hoe kan jy jou gawes en talente gebruik om ander te help en/of God te verheerlik?


Vandag se Skattejag

Soek voorwerpe wat jou aan jou spesiale gawes en talente sal herinner.


  • 'n Handwerk of kunswerk waarop jy trots is.
  • Maak 'n lys van dinge waarmee jy goed is.
  • 'n Geskenk wat iemand vir jou gegee het wat jou spesiaal laat voel het.

Kom ons bid

Hemelse Vader,


Dankie vir die wonderlike gawes en talente wat U vir my gegee het. Dankie vir die wonderlike planne wat U vir my het en dat U my die gawes gegee het om my te help om u planne vir my lewe te vervul. Wys my asseblief maniere waarop ek ander met my gawes kan help.


In die Naam van Jesus.


Amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Treasure Hunt With Molly

Het jou kind 'n hupstoot nodig om selfvertroue en geloof te hê in wie God hom of haar geskep het om te wees? Kom saam met ons op 'n avontuur om die skat in jou hart te ontdek. Skep 'n skatkis van geloofs-geïnspireerde sk...

More

Ons wil graag Meliza Farndell bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.melizafarndell.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid