Leesplan inligting

Skattejag Met MollieVoorbeeld

Treasure Hunt With Molly

DAG 1 VAN 7





Jou hart is jou skatkis

Mollie sê:

Hallo! My naam is Mollie. Ek is so bly jy is hier en ek kan nie wag om die skat te deel wat ek op my vreemde avontuur na die eiland, Frats, ontdek het nie.


Iets vreemds het op my tiende verjaardag gebeur. Ons was op die punt om skool toe te gaan toe die deurklokkie lui. Dit was ons plaaslike posman, George. Hy het vir my 'n pakkie gegee. Ek het gehaas om dit oop te maak. Binne-in die bruin verpakkingspapier was 'n klein skatkis omtrent die grootte van 'n skoendoos. Ek het probeer om dit oop te maak, maar dit was gesluit en daar was geen sleutel nie.


Mamma hou nie daarvan wanneer ons laat vir skool is nie en daarom moes ek die skatkis by die huis laat. Ek kon nie wag om skool klaar te maak nie. Ek kon myself nie keer om te wonder watter wonderlike skat in daardie boks kan wees nie. Ek het gehoop dat dit al my probleme sou oplos. Miskien kan dit ons gesin help.


Dit het gevoel asof die skool daardie dag ekstra lank was. Dit was moeilik om daar te wees op die beste van dae. Lissie, wat my beste vriendin was, wou skielik niks met my te doen hê nie. Ek het nie geweet hoekom nie.


Gedurende die pouse het sy iets gesê oor my pa, wat sewe jaar gelede verdwyn het. Dit het my diep ontstel en ek het weggehardloop. Terwyl ek deur die veld gehardloop het, het ek gegly en my kop gestamp. Ek kan nie onthou wat daarna gebeur het nie, maar ek het op 'n seerowerskip wakker geword.


Die seerower was ongewoon. Hy het 'n wit en blou gestreepte sakdoek gehad wat sy wilde vuurrooi hare bedek het wat helderder as die son geskyn het.Dit het gelyk of jy malvalekkers oor sy baard kon rooster, wat soos 'n smeulende vuur geglinster het. 'n Oogklap het sy linkeroog bedek, maar dit het nie die ander een verhinder om reguit in my siel in te staar nie. Dit het soos 'n blou saffier gelyk. Sy glimlag het my laat voel asof ek 'n miljoen drukkies op een slag ontvang.


Die skip het in 'n onbekende en vreemde plek naby 'n klein dorpie genaamd Toevallig vasgemeer. Daar het ek 'n paar wonderlike kreature ontmoet. Hulle het my gehelp om my voor te berei vir 'n baie uitdagende soektog. Ek moes die huis van die Groot Towenaar vind en hoop dat hy vir my die sleutel sou gee om die skatkis oop te maak.


Onderweg het ek baie waardevolle lesse geleer. Ek sal dit graag oor die volgende paar dae met julle wil deel.


Jou hart is 'n skatkis

Lukas 6:45 sê dat waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Ons hart is soos 'n skatkis. Ons kan goeie dinge daarin bewaar of ons kan slegte dinge daarin bewaar. Wat ons in ons hart bewaar sal bepaal wat in ons lewe gebeur.


Hoe bewaar ons goeie dinge in ons hart? Ons kan goeie dinge in ons hart bewaar deur te kies waaroor ons dink en wat ons sê. Dit is wat ons saam gaan ondersoek.


Skep jou eie skatkis of kaart

Ontwerp en maak 'n skatkis (jy kan 'n ou skoendoos gebruik) of 'n kaart waarop jy skatte kan aandui (jy kan 'n groot stuk karton of 'n paneel gebruik waarop jy verskillende dinge kan vaspen). Ek sal elke dag idees deel oor wat jy in jou skatkis kan sit of op jou kaart kan vaspen. Wanneer jy soms hartseer of bang voel, kan jy teruggaan na daardie skat en die wonderlike dinge in jou hart onthou.


Kom ons bid

Hemelse Vader,


Dankie dat U vir ons omgee. U het ons kragtige harte gegee. Help ons om goeie dinge daarin te bewaar. Help ons om die skat wat in ons en om ons is te ontdek.


Ons is baie lief vir U.


Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Treasure Hunt With Molly

Het jou kind 'n hupstoot nodig om selfvertroue en geloof te hê in wie God hom of haar geskep het om te wees? Kom saam met ons op 'n avontuur om die skat in jou hart te ontdek. Skep 'n skatkis van geloofs-geïnspireerde sk...

More

Ons wil graag Meliza Farndell bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.melizafarndell.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid