Leesplan inligting

Skattejag Met MollieVoorbeeld

Treasure Hunt With Molly

DAG 2 VAN 7





Alles is moontlik

“Vir die een wat glo, kan alles” — Jesus (Markus 9:23b).

Mollie sê:

Terwyl die seerower besig was, het ek van die skip afgeklim en na die dorp begin hardloop. Ek het gehoop om iemand te sien wat my kon help om die pad terug huis toe te vind. Die seerower het seker opgemerk dat ek weghardloop, want hy het sy handlanger agter my aangestuur — 'n silwerrug-gorilla wat in 'n gestreepte pak klere geklee was.


Gelukkig kon die gorilla nie vinnig hardloop nie. Toe ek egter die dorp bereik, was dit deur 'n baie hoë muur omring. Die ysterhek wat die dorp beveilig het, was swaar en gesluit. Ek kon geen manier sien om dit oop te maak nie.


Toe ontmoet ek Angus die mier. Wie sou ooit kon dink dat 'n klein miertjie soveel geloof kan hê? Hy het my gehelp om aan die anderkant van die hek te kom, net betyds om van die gorilla te ontsnap. Hy het geglo dat dit moontlik sou wees, al kon ek geen uitweg sien nie. Ek is so bly dat hy die geloof gehad het om nie moed op te gee nie.


“Dit is net onmoontlik as jy glo dit is" – Angus die mier.

Wat glo jy?

Jesus het gesê dat alles moontlik is vir iemand wat glo. Ons geloof word gevorm deur die manier hoe ons dink. Dit is so belangrik om gedagtes te deurdink wat ons geloof kan help groei. Dit skep 'n hart wat kan glo ten spyte van onmoontlike verwagtinge.


Glo jy dat alles moontlik is?


Het jy probleme wat onmoontlik voel om te oorkom?


Hoe kan jy anders oor daardie probleme dink?


Vandag se Skattejag

Vind voorwerpe wat jou daaraan herinner dat ons Vader by jou is en dat niks vir Hom te moeilik is nie.


  • Teken 'n prentjie om in jou skatkis te sit of om op jou kaart te plak.
  • Maak 'n lys van Bybelverhale waar ons Vader mense gehelp het om onmoontlike verwagtinge, te oorkom.
  • Voeg jou gunsteling Bybelvers by.

Kom ons bid

Hemelse Vader,


Dankie dat U altyd by ons is, al kan ons U nie sien nie. Met U is alles moontlik. Help ons om te glo dat niks vir U te moeilik is nie.


In die Naam van Jesus.


Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Treasure Hunt With Molly

Het jou kind 'n hupstoot nodig om selfvertroue en geloof te hê in wie God hom of haar geskep het om te wees? Kom saam met ons op 'n avontuur om die skat in jou hart te ontdek. Skep 'n skatkis van geloofs-geïnspireerde sk...

More

Ons wil graag Meliza Farndell bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.melizafarndell.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid