Leesplan inligting

Waarop Fokus Jy?Voorbeeld

Waarop Fokus Jy?

DAG 5 VAN 5

Fokus op die opdrag!

In Matteus 25 lees ons van 'n baie interessante gelykenis wat Jesus vertel van 'n amptenaar wat op reis gaan en van sy besittings aan sy diensknegte toevertrou het. Hy het aan elkeen muntstukke volgens hul bekwaamheid gegee. Een het slegs een muntstuk gekry, die ander een twee en die ander een vyf. Wat hulle daarmee gemaak het, is uiteenlopend.

Twee het dit gebruik om vir die amptenaar wins te maak, die ander een het uit vrees dat hy die muntstuk kon verloor, dit gaan begrawe.

Toe die amptenaar terugkom sien ons 'n besondere gebeurtenis: hy het rekenskap geëis van sy amptenare oor wat hulle gedoen het met dit wat aan hulle toevertrou was ...

Ons leer twee baie belangrike waarhede in hierdie gelykenis: Eerstens gaan Jesus van my en jou ook rekenskap eis oor dit wat Hy aan ons toevertrou het.

Wat het Hy aan ons toevertrou? Mense en hulpbronne.

Jesus kom gee vir ons 'n opdrag in Matteus 28:18-20. Hy stuur ons uit in die mandaat van sy mag om van ander dissipels te maak, hulle te doop en te onderrig. Ons kan dit slegs doen wanneer ons eerstens dissipels is wat daarop gefokus is om sy opdragte uit te voer.

Tweedens is die mate waarop Hy ons met meer kan vertrou, direk gekoppel aan hoe getrou ons is met dit wat Hy vir ons gee. Wees getrou met dit wat God aan jou toevertrou, al is dit 'n klein bietjie! As ons oor die klein dinge getrou is, kan baie aan ons toevertrou word.

Fokus vandag opnuut om getrou te wees met dit wat Jesus van jou vra.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Waarop Fokus Jy?

Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin on...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid