Leesplan inligting

Waarop Fokus Jy?Voorbeeld

Waarop Fokus Jy?

DAG 2 VAN 5

Fokus op God se stem!

Ek was van kleins af baie lief vir sport, veral vir rugby. Ek was ook bevoorreg om ouers te hê wat baie lief daarvoor was om my te kom ondersteun wanneer ons gespeel het. Dit maak nie saak hoe groot die skare mense was nie, daar was een ding wat my keer op keer verbaas het, en dit is hoe ek my ma se stem kon uitken tussen pawiljoene vol mense! Ek kon haar stem duidelik tussen duisende ander identifiseer. Hoekom? Want ek het haar stem geken.

In Johannes 10 vergelyk Jesus sy verhouding met sy dissipels soos 'n herder se verhouding met sy skape. Skape het hulle herder se stem so goed geken dat hulle op geen ander stem gereageer het nie, selfs al het 'n persoon sy bes probeer om die herder se stem na te boots.

Die skape het die herder met alles vertrou en geloop daar waar Hy lei, selfs al was hulle bang of onseker.

Weet jy dat die Herder steeds vandag met ons praat? Hoe gebeur dit? Deur die Woord en die influistering van die Heilige Gees.

Die belangrike vraag wat ek en jy vir onsself moet afvra, is of ons die Herder se stem goed genoeg ken om dit te kan onderskei tussen al die ander stemme wat vir ons aandag kompeteer. Hy wil my en jou vandag steeds lei na waters waar daar rus en vrede is.

Fokus daarom op sy stem, en loop agter Hom aan waar Hy lei.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waarop Fokus Jy?

Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin on...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid