Leesplan inligting

Waarop Fokus Jy?Voorbeeld

Waarop Fokus Jy?

DAG 1 VAN 5

Fokus op Jesus!

Die Comrades ultra marathon is 'n wêreldbekende wedloop wat elke jaar tussen Durban en Pietermaritzburg plaasvind. Elke jaar durf sowat 15 000 atlete die 90 km wedloop aan, met een doel voor oë: om die wenpaal te haal en die wenstreep binne die 12 uur-afsnytyd oor te steek.

Die Hebreërs skrywer gebruik dieselfde metafoor van 'n atleet wat op 'n wedloop fokus wanneer hy verduidelik hoe ons as gelowiges se aandag op Jesus gevestig moet wees.

Die rede hiervoor is eenvoudig: Dan sal ons ook sy voorbeeld volg.

Hierdie lewe is nie altyd maanskyn en rose nie. Die werklikheid is dat daar dinge in hierdie lewe kan gebeur wat ons "wedloop" omvergooi en ons laat voel om tou op te gooi. Mense het jou dalk wreed te na gekom, beloftes is gebreek en situasies het ontstaan waarin jy ontnugter en seer gelaat is ...

Weet jy wat? Dit het met Jesus ook gebeur! Hy het egter deur alles fokus behou en het nie toegelaat dat dit sy aandag van die Vader se plan aflei nie.

Volg vandag Jesus se voorbeeld. Spreek vry, vergewe en beweeg aan. Dan sal jy ook nie moeg raak en iewers langs hierdie geloofspad uitsak nie.

Gooi vandag elke las van jou skouers af en hardloop die wedloop met ywer, jou oë gevestig op Jesus! Hy is Begin en die Voleinder van ons geloof!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waarop Fokus Jy?

Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin on...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid