Leesplan inligting

Waarop Fokus Jy?Voorbeeld

Waarop Fokus Jy?

DAG 3 VAN 5

Fokus op jou roeping!

In die koninkryk van God het elke persoon 'n rol te speel, nie net diegene wat die beste van die bestes is nie. Dit sluit jou in!

Paulus noem die kerk die liggaam van Christus! Dit is waarlik 'n besondere beskrywing. In 'n liggaam is daar geen deel wat onbelangrik is nie. Daar is wel dele wat meer prominent as ander vertoon, maar elke deel is belangrik, klein of groot. Kyk maar watter effek dit op jou hele liggaam het as jou kleintoontjie seer is!

Daarom moet jy vandag weet dat jou lewe, roeping en diensbaarheid saak maak!

Ons lees in Efesiërs 4:7 dat daar "aan elkeen van ons 'n genadegawe gegee is." Nie aan sommige persone nie, elkeen! 'n Genadegawe is 'n gawe wat die Heilige Gees in jou werk om diensbaar te wees aan die breë kerk, sowel as hulle wat Hom nog nie ken en dien nie.

Nou is die vraag, wat is jou gawes? En gebruik jy tans daardie gawes in diens van die koninkryk?

Dit is nie net persone wat voltyds vir die kerk werk wat deur God geroep word nie. Jy het ook 'n rol te speel!

Dit begin by 'n diensbare hart, en 'n verbintenis om dit wat jy doen met geloof, getrouheid en eienaarskap uit te leef.

Weet vandag, jou roeping maak saak!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Waarop Fokus Jy?

Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin on...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid