Leesplan inligting

Fokus Op VasVoorbeeld

Fokus Op Vas

DAG 5 VAN 7

Watter soort vas is sinvol en aanvaarbaar?

Jesus het in die woestyn gevas deur 40 dae lank heeltemal sonder kos te bly (maar spesifiek nie sonder water nie, want vas is nie bedoel om jou lewe in gevaar te stel nie). Daar was al mense wat op ’n hongerstaking gegaan het om persoonlike of politieke doelwitte te bereik, maar dis misbruik van vas.

Die doel van vas in lydenstyd is herinnering. Tydens vastyd moet ’n mens deurgaans herinner word aan Jesus se liefde en opoffering. Daarom is die opoffering van iets wat ek baie sal mis die beste simboliese gebaar hiervoor.

Christene kies soms om sonder iets soos sjokolade, koffie of vleis klaar te kom, maar doen dit heel onopvallend, want die doel is nie om daaroor te spog nie. Ander kies om te fokus om ’n spesifieke fout of sekere sonde te laat staan. Of hulle kies om iets liefdevols te doen, soos om elke dag vir iemand ’n kompliment of woord van waardering te gee. Wat jy ook al doen, doen dit om jou aan Jesus se liefde en opoffering te herinner en nie om deur mense geprys te word nie.

Hierdie oordenking is geneem uit ELKE DAG SAAM MET GOD deur Henk Gous © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fokus Op Vas

Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom di...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid