Leesplan inligting

Fokus Op VasVoorbeeld

Fokus Op Vas

DAG 4 VAN 7

Jesus se dissiplines

Jesus se geestelike lewe is gekenmerk deur vaste gewoontes. Ons lees dat Hy vroeg soggens gebid en Hom op eensame plekke of op die berg afgesonder het. In hierdie vers lees ons dat Hy “volgens gewoonte” in die koelte van die bome teen die Olyfberg gaan bid het. Ons lees van sy gewoonte om weekliks die sinagogediens by te woon. Ons lees hoe Jesus in die woestyn gevas en in die tempel gebid het. Ons sien hoe Hy aan die hele Joodse ritueel deelgeneem het: Hy het die gebede gebid, die wette onderhou en die feeste gevier. Hierdie geestelike gewoontes het struktuur gegee aan sy verhouding met God!

Natuurlik kan ons nie met dieselfde intensiteit as die Meester bid of vas nie, maar ons kan ons eie ritmes en gewoontes, wat struktuur aan ons verhouding met God gee, ontwikkel. Ons het ons eie en unieke geloofsgewoontes nodig — immers, as die Meester dit nodig geag het, hoeveel te meer het ons dit nie nodig nie?

Hierdie oordenking is geneem uit HIER IS EK, HERE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Fokus Op Vas

Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom di...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid