Leesplan inligting

Fokus Op VasVoorbeeld

Fokus Op Vas

DAG 2 VAN 7

Hoekom moet ek vas?

Partykeer kan die roetine van ons lewe ons kommunikasie met God belem­mer. Dit kan daarom nodig en gesond wees om sekere dinge wat deel is van ons daaglikse roetine uit te sny. Wanneer ’n mens vas, besluit jy om kos of sekere kosse vir ’n tyd te vermy sodat jy op God kan fokus. Dit is ’n teken dat jy ernstig is oor jou tyd saam met God. Vas kan jou gedagtes skerper maak so­dat jy meer ontvanklik is vir God se boodskap. Jy kan soms ’n volle vas doen, maar soms is ’n gedeeltelike vas, wanneer jy net sekere kosse vermy, al wat jy kan doen. Soms sal dit voel of jy tog jou kragte en energie moet behou terwyl jy vas. In sulke tye kan jy byvoorbeeld, soos Daniël, ryk kosse uit jou dieet sny.

Vas gaan oor kommunikasie met God. Dink aan hoeveel tyd jy bestee aan die voorbereiding en die geniet van jou maaltye. Sal dit nie wonderlik wees as jy soms daardie tyd aan God afstaan nie?

Hierdie oordenking is geneem uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Fokus Op Vas

Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom di...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid