Leesplan inligting

Fokus Op VasVoorbeeld

Fokus Op Vas

DAG 1 VAN 7

Uiterlike geestelike dissiplines

Geestelike dissiplines is die geloofsgewoontes wat ons geestelike lewe definieer. Daar is verskeie soorte dissiplines en een daarvan is die “uiterlike dissiplines”. Dit behels die dade wat deel vorm van ons geestelike praktyke.

Die bekendste hiervan is afsondering — die wonderlike gewoonte om alleentyd met die Here te skeduleer. Dalk kan jy die kantoordeur toetrek vir ’n halfuur of dalk het jy ’n hele alleen-middag? Heerlik! Bring dit rustig deur as ek-tyd en ek-en-die-Here-tyd. Ander uiterlike praktyke is vas — om sonder kos (of sekere kosse) te bly as ’n vorm van gebed, lofprysing (ja, lof is mos ’n dissipline), asook studie – om doelbewus God se dinge te bestudeer. Die dissipline van eenvoud behels ’n lewe los van die voorskrifte en verwagtinge van die wêreld.

Spreek sommige van hierdie praktyke tot jou? Neem dan ’n besluit en begin iets daarvan in jou lewe implementeer. Dis oor en oor die moeite werd om jou lewe op God te fokus!

Hierdie oordenking is geneem uit HIER IS EK, HERE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fokus Op Vas

Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom di...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid