Leesplan inligting

Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 5 VAN 43




Lees: Genesis 26:34—28:9; Romeine 9:6–18

SOAP: Genesis 28:3–4

“God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word. Hy sal jou die seën laat toekom wat Hy aan Abraham gegee het: jy en jou nageslag sal die land waarin jy woon, as besitting ontvang, die land wat God aan Abraham gegee het.”

Oordenking

Hoewel God se opdragte duidelik en sy seën oorvloedig is, skep ons dikwels situasies deur middel van bedrog en manipulasie wat ons verhoudinge vernietig. Jakob se familie se optrede bied aan ons 'n waarskuwing: ongeag wat ons dink ons ​​verdien, dis altyd beter om eerder op God se voorsienigheid te vertrou as op ons eie planne.

God was duidelik in sy keuse om Jakob te seën. Romeine 9 verduidelik hoe God gekies het om vir Jakob te seën en nie vir Esau, Isak se eersgeborene nie. In plaas daarvan om in God se belofte te glo en vir Hom te wag om op te tree, het Jakob sy eie planne en metodes vertrou om die seën te ontvang. Hy het sy pa en sy broer bedrieg en so sy gesin se verhoudinge verpletter.

God het inderdaad 'n plan gehad om Jakob te seën, een wat nie ‘n morele mislukking ingesluit het nie. Maar ten spyte van Jakob se sonde, het God hom geseën. God het Jakob toegelaat om die seën op hierdie manier te verkry. Alhoewel God Jakob later sou dissiplineer, het Hy genade aan hom bewys deur aan hom die seën te gee. God werk in alle aspekte van ons lewens, selfs deur ons sonde en ongehoorsaamheid. Selfs in ons versuim om Hom te vertrou, kan Hy sy doelwitte bereik, (en bereik Hy dit), maar ons kan onnodige hartseer en pyn skep wanneer ons ons eie pad volg. Wanneer God 'n belofte maak, het Hy reeds 'n plan om dit te vervul.

Toe Isak vir Jakob na Paddan Aram gestuur het om 'n vrou te vind, het hy hom herinner aan die beloftes wat God aan Abraham gemaak het. God sou Jakob 'n groot nasie maak, hom die land gee en al die mense op die aarde deur sy nageslag seën. God se beloftes is nie deur swak besluite gedwarsboom nie. Sy verbondsbelofte aan die familie van Abraham sou voortduur. Alhoewel daar altyd bedreigings vir die belofte was, het God altyd geseëvier. Hy was getrou aan Abraham en getrou aan Isak. Hy sou voortgaan om in die toekoms getrou te wees aan Jakob en sy nageslag, en die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, vervul.

Al sondig ons, kan God ons gebruik. Hy kan ons konflikte in seëninge verander en vrede bring in verpletterde verhoudinge. Hy kan verlos en ten goede werk deur enige daad van sonde, maak nie saak hoe erg dit is nie. Hy herstel. Hy gebruik gebroke mense. Die Bybel maak selfs melding van die mislukkings van die "helde van die geloof," sodat ons die barmhartige karakter van God kan sien. Hy verlos, herstel en herbou selfs die mees gebroke harte, verhoudinge, gemeenskappe en nasies. Ons kan Hom vertrou.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid