Leesplan inligting

Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 7 VAN 43




Lees: Genesis 29:1–30; Galasiërs 6:6–10; Hebreërs 12:6

SOAP: Galasiërs 6:7–9

Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

Oordenking

Na Jakob se droom by Bet-el, het hy sy reis voortgesit. Hy het by ‘n put uitgekom wat toegemaak was om die verdeling van water aan die troppe in die omgewing te reguleer. Toe hy met die skaapwagters praat, kom hy agter dat hulle sy oom Laban ken en dat sy dogter haar skape na daardie einste put toe bring. Jakob het besef dat dit Goddelike voorsienigheid was toe Ragel, die dogter van sy ma se broer, by dieselfde put opdaag.

God was kragtig in Jakob se lewe aan die werk. Toe Ragel met haar skape daar opdaag, het Jakob die klip wat die put bedek, verwyder sodat haar skape kon drink. God se seën in Jakob se lewe het hom gelei om groot dade van diens vir ander te verrig. Hy het volkome op God se leiding vertrou en dit het hom aangespoor om diegene rondom hom te seën.

Terwyl Jakob by Laban gebly het, het hy op Ragel verlief geraak. Jakob het belowe om sewe jaar vir Laban te werk as hy met haar kon trou. Toe die tyd egter aanbreek dat Ragel aan Jakob gegee moes word, is die bedrieër bedrieg. In plaas van Ragel het Laban sy oudste dogter Lea vir Jakob gegee. Hoewel hy kort daarna wel met Ragel getroud is, was hy verplig om nog sewe jaar vir sy tweede bruid te werk.

Jakob het geoes wat hy gesaai het. Jakob het sy pa en broer bedrieg en nou was dit hy wat bedrieg is. Jakob was nie die eersgeborene nie, maar hy het die seën van die eersgeborene gesteel. Laban het vir Jakob bedrieg toe hy sy eersgebore dogter vir hom gegee het. Die ooreenkomste is nie toevallig nie; God het Laban se oneerlikheid teenoor Jakob gebruik om Jakob te straf vir sy sonde van bedrieëry.

God was steeds kragtig aan die werk in Jakob se lewe. Hierdie straf was net so ‘n seën soos die ontmoeting by die put. In plaas daarvan om Jakob aan sy sonde oor te laat, het God ingegryp en hom gedissiplineer om sonde uit sy lewe weg te neem. Die straf wat Jakob gekry het, het nie God se belofte ongedaan gemaak nie; dit het dit versterk. Jakob moes, ten einde die seëninge van die belofte te ontvang, ook as kind van God gedissiplineer word.

God se seën in ons lewens is tweeledig: goddelike ontmoetings en goddelike dissipline of straf. Wanneer God ons sonde aan ons uitwys en ons tot bekering kom, is dit inderdaad ‘n seëning. Al voel dit nie altyd so lekker of gemaklik nie, is God se dissipline ‘n geskenk. Mag ons voortgaan om in die Gees te saai en die dissipline van ons liefdevolle Vader aanvaar terwyl ons ‘n oes vir sy koninkryk insamel.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid