Leesplan inligting

Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

DAG 1 VAN 43




Welkom by ons studie: Kies God, Nie Die Wêreld Nie, 'n studie van Genesis 25-50, waar ons gaan leer uit die lewens van Jakob en Josef.

Ons lewens is ‘n reeks keuses. Ons is voortdurend besig om keuses te maak, goed sowel as sleg, en al ons keuses het gevolge en nagevolge. Dit kan oorweldigend raak om ons keuses te bevraagteken of te wonder of ons die regte ding doen.

“Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit”–Kolossense 3:1.

Ons keuses kan tot twee kategorieë vereenvoudig word: die dinge van God en die dinge van die wêreld. Dit kan dikwels moeilik wees om die dinge van God te kies, maar dit lewer op die lange duur die beste resultate. Om die wêreld te kies kan veel makliker wees en na die beste uitweg lyk om pyn te vermy, maar sulke keuses loop dikwels op ons vernietiging uit.

Kies God, nie die Wêreld nie bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. Soos ons hul lewens bestudeer, sal ons sien hoe belangrik dit is om die dinge van God te kies en hoe God diegene beloon wat met Hom wandel. Ons gaan ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.

Onthou om te gaan kyk na ons ander studies: In die Begin en Geloof bo Volmaaktheid vir ‘n volledige studie van die Boek Genesis.

Wat is S.O.A.P.?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans", gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Die "SOAP"-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "S.O.A.P." en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "S.O.A.P."?

Die S staan vir Scripture — jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan vir Observation — wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir Application — Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir Prayer — Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy gedurende hierdie tyd iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely as Hy vir jou sonde in jou lewe gewys het.

Inleiding:

Ons maak voortdurend keuses. Dikwels behels ons keuses om tussen die dinge van die wêreld of die dinge van God te kies. Ons kan dikwels in die versoeking kom om die maklike uitweg te kies, wat ons toelaat om gou die leer te klim, of wat ons glo die beste is. Die lewens van Jakob en Josef wys vir ons hoe God sy kinders dissiplineer wanneer hulle die dinge van die wêreld kies en hoe Hy hulle seën wanneer hulle eerder kies om Hom te volg.

Die boek Genesis is 'n kombinasie van twee vertellings. Hoofstukke 1–11 beskryf hoe God die wêreld geskep het, asook die begin van die mensdom, sonde, genade, verlossing en belofte. Hoofstukke 12–50 beskryf die lewens van die aartsvaders van God se uitverkore nasie: Abraham, Isak, Jakob en Josef. God het hierdie familie gekies as die een deur wie Hy sy Messias na die wêreld sou stuur, die Een wat die wêreld van sonde en dood sou red.

Die meeste Bybelkenners is dit eens dat Genesis deur Moses geskryf is gedurende die tyd toe die Israeliete in die woestyn Sin rondgedwaal het, ongeveer 1440 v.C. Die lewens van die aartsvaders is deur Moses opgeteken vir die geslag Israeliete wat die land wat God beloof het om aan hulle te gee, sou binnegaan. Terwyl hulle voorbereidings getref het om die Beloofde Land, Kanaän, binne te gaan, het die woorde van Genesis hulle herinner aan wie hulle God is en waarom 'n lewe aan Hom gewy die moeite werd was om na te streef.

Hierdie Bybelstudie fokus op die lewens van Jakob en Josef en dit begin by Genesis hoofstuk 25. Terwyl ons hierdie manne se lewens bestudeer, sal ons die getrouheid van God aan sy uitverkore volk deur belofte, seën, dissipline, lyding, vervolging, hongersnood, toetsing, versoening en herstel ontdek. Jakob en sy gesin het voortdurend voor die keuse gestaan ​​tussen God se weë of dié van die wêreld. Terwyl hulle nie volmaak was nie, het God aangehou om in hulle lewens te werk om sy planne vir hulle te realiseer. God self was die held wat voortdurend sy mense gevorm het terwyl Hy hulle vir die toekoms voorberei het.

Ons kan leer om God heelhartig lief te hê deur sy beloftehoudende karakter te bestudeer. In hierdie studie sal ons sien wat dit beteken om in gehoorsaamheid te wandel, en ons sal die getrouheid van God sien om sy mense te dissiplineer en na Hom terug te bring wanneer hulle sondig. God is altyd getrou aan sy mense, sy beloftes en sy verbond. Mag ons ontvanklik wees om alles te leer wat Hy vir ons in die vooruitsig het, met verwagting dat Hy Homself op nuwe maniere aan ons sal openbaar terwyl ons daarna streef om Hom deur sy Woord te ken.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kies God, Nie Die Wêreld Nie

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid